Hierdie resep bak ek oor en oor met my kinders gedurende die vakansies. Veral die kleiner kindertjies geniet die tyd in die kombuis en is selfs bereid om skottelgoed te was en “opruim-tyd” te doen. ‘n Heerlike gesins projekkie.
Ek vervang die sjokolade splinters met neute of helfte van beide in die koekie se basiese resep. Indien jy ‘n groot koffie liefhebber is en hou van die bitter smaak van koffie bone, kan koffie bone grof gekap en ook in die beslag gebruik word…ek stel voor so 1 e is genoeg anders word die koekie te bitter. Hoop julle speel lekker met die resep!
Variasies: Die mielieblom en kakao kan saam gevoeg word tov gewig en met vla poeier vervang word. Jy kan ook n pragtige redvelvet sjokolade splinter koekie maak deur 2 mespunte (1/4 t) Red velvet Concentrated poeier kleursel by die botter fase te meng.
Nota oor Bakkers tipe sjokolades. Klik op hierdie skakel: Tipes Bakkers sjokolade
500 g Koekmeel
60 g Mielieblom (maizena)
60 g Kakao
30 ml (2 e) Bakpoeier
470 g Sagte botter
140 g Sagte bruinsuiker
15 ml Kitskoffie – Douwe Egberts aangemaak in 50 ml kook water – afgekoel (opsioneel vir koffie maar water moet behou word)
150 g Choc chips
Ekstra sjokolade splinters – koffiebone om mee te versier
Karamel sjokolade om oor te smelt
Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Voorverhit die oond tot 160 ° C.
Sif die koekmeel, mielieblom en bakpoeier saam in ’n groot mengbak vir twee keer.
Room die botter en suiker tot lig en donsig. Meng die koffie deur. Daarna die sjokolade splinters.
Meng dan die koekmeel by en moenie te veel meng.
Hierdie koekies kan ook uitgerol en met koekie drukkers gedruk word of gebruik nou ‘n 15 ml maatlepeltjie en meet die deeg af. Rol ‘n bolletjie en druk effens plat. Druk ’n pekan nueut/koffieboon of versiering van keuse liggies bo-op elke koekie en sit vir sowat 1 uur in die yskas, bedek met kleef plastiek. Koekies wat eers verkoel word voordat dit bak se vette bak nie uit nie en die koekie kom mooi bros uit.
Bak die koekies vir 25 minute tot mooi ligbruin en bros. Laat afkoel. Bêre in ‘n lugdigte houer.
HOEVEELHEID: 100 koekies.
BRON: Annelien Pienaar, 2015, Kinderkook klas


4 Replies to “Choc-chip cookies”
Annie
Dankie Annelien, hierdie is ‘n heerlike bederf. Ek soek al n rukkie na n sjokolade koekie wat nie net soetkoekie met sjokolade stukkies in is
boerekostwist
Annelie, laat weet hoe die koekie uit gekom het en of dit is wat jy soek. My koekie boek is amper klaar! DAn gaan jy bak dat dit klap.
Lindie de Jongh
sal ek hierdie in n giant koekie kan bak ?
boerekostwist
Lindie, jy sal kan ja, maar bak dan 10C koeler en 10 min ongeveer langer om bros te kry en ek los dit soms in die oond met die deur effe oop om in die oond af te koel om brosser te kry. Groete Annelien