Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Gevlekte Skaapboud oor die kole

Table of Contents

My lewe lank is ek maar nou eens ’n skaapvleis eter. Ek het met Dorpers grootgeword en die veld wat ons die skape op laat wei het, was vol verskillende bossies. Hierdie bossies het die vleis gegeur en met ‘n paar slim tegnieke kan selfs ’n ou skaap se boud soos murg sag word. Mense maak die fout om te dink om sure by vleis te gooi dat dit die vleis sal sagter maak. Asyn, wyn, noem dit op kan nie taai vleis marineer nie. Daar is ander elemente nodig om die bindweefsel af te breek en te versag.

Wanneer mens met ouer diere se vleis werk is daar een groot voordeel…dit is geurig. Mense bly eerder weg van taai vleis maar, jy loop dit mis. Vleis versagters is uit by my, ek fokus op bakterie wat vleis kan versag soos die wat vir sagte kaas produksie gebruik word. Karringmelk, yoghurt is perfekte kandidate. Dus, marineer oornag die vleis in dood gewone karringmelk en vee skoon af die volgende dag. Onthou dat sout baie vog uit vleis onttrek en dit word heel laaste by die vleis gevoeg sodra dit gaar is. Vir my is dit belangrik om ‘n sappige vleis te geniet, nie droog met ekstra souse om dit te verbloem nie.

Onthou hierdie vleis kan opgerol word of dit kan oopgevlek soos lendeskywe oor die kole gebraai word.

Kom ons begin.

1 skaapboud of lamsboud ontbeen
500 ml karringmelk of plain yoghurt

Vryf die boud met die suiwel van jou keuse in en laat oornag sag word. Volgende dag vee die ekstra karringmelk net af met lappie.

6 roosmaryn takkies (3 takkies gekap)
2 suurlemoene se sap
½ k olyfolie
5 e knoffel
2 e geroosterde koljander grof gemaal
1 e geroosterde komyn saad
5 e woestersous
1 t masala (Boerekos met ‘n Twist kookboek) p. 206
1 t gerookte paprika
Bind tou vir rol indien jy verkies om rol te maak.

Meng die bestanddele alles met mekaar, behalwe die takkies. Vryf baie goed in die vleis in. Laat vir 1-6 ure om geure te ontwikkel en vleis verder te versag.

Maak vuur en braai die vleis na die gaarheid van jou keuse. Oopgevlek sal die vleis baie vinniger gaar word. Die vleis moet nog effen pienk in die middel wees.

Sout en peper net voor die vleis van die kole verwyder word, rus vleis vir 5 minute voordat dit gesny word.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, Vleisverwerkings klas insetsel, klasse sien events
Hoeveelheid: 6 porsies

 

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (2)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!