Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BKT Klets-kombuis Junie

Table of Contents

Hallo Twister,

Hierdie week het ons heerlik gewoeker op Boerekos met ‘n Twist se Faceboek  kook groep. Ek het besluit om die Boerekos met ‘n Twist groep twee keer per maand per Live View via Faceboek toe te spreek. Hierdie sessies gaan NIE kook demonstrasies wees maar eerder ‘n gesprek tussen ons om kwessies op te los en saam aan te pak. Sondag die 30ste Junie, om 20h00 gaan die eerste lewendige sessie plaasvind op die Annelien Pienaar Food consultant bladsy. Ek sal ook vir julle op beide Annelien Pienaar Food Consultant en die Boerekos met n Twist groep herinner. Wat bespreek ek? Ons gaan kyk na ‘n paar kwessies vir diegene wat bak vir n ekstra inkomste. Loer asb op die Announcementsby Boerekos met ‘n Twist sodat jy die datums asook die tema’s in jou dagboek kan neer pen. Hierdie lewendige sessies sal wel na die tyd beskikbaar wees vir diegene wat oorsee woon met die tyd verskil. Niemand mis uit want hierdie is ‘n gratis diens vir my lesers. Onthou en wees my effe genadig, dit is ‘n groot sprong vanaf TV na ‘n lewendige uitsending en ek mag dalk foute maak. Glo my, ek is net so op my senuwees….soos iemand wat moet tandarts toe! Indien daar ‘n sentrale tema of idees is wat jul wil graag van meer wil weet, inbus my by boerekostwist@gmail.com. My deur staan altyd oop vir nuwe idees, kritiek (want ons groei uit ons foute).

Verder gaan ek teen einde Julie twee van my gunsteling klasse: Suurdeeg en Kaasmaak ook aanlyn beskikbaar stel in die vorm van ‘n video reeks waar jy kan sien en saam doen. Soos die tyd verloop en tyd dit toelaat gaan ek die ander klasse ook begin verfilm sodoende elke hoeke en draadjie jou wat dalk daar ver in die vreemde sit ook te kan leer waaroor my passie vir gesonde kos gaan. Ek sien regtig uit om ieder en elk deur hierdie sessies beter te leer ken. Hoe gaan dit werk?

Ek gaan net 20 persone per maand aanlyn neem. Daar sal ‘n 24 uur venster periode wees waarin mense kan bespreek. Daarna begin die klas en jy word op ‘n Secret groepie op Facebook gelaai. Daar gaan ons dan vir die volgende maand vrae en probleme asook suksesse hanteer. Ek poog ook om uit ervaring vir die oorsese kursusgangers beter raad te gee oor tipes meel, gis, sout, hoogte bo seespieël suksesvol te bak. Ek het ‘n wyle in Kanada gewoon en iets eenvoudig soos sout wat nie so sout is soos ons in SA se sout…het nogal probleme veroorsaak. So, daar is baie om te leer en ek kan nie wag om af te skop.

Loer gerus ook na Platteland/WEG tydskrif. Ek is weer op toer met kook klasse vir Platteland en gaan besoek af lê in Kaapstad, Bloemfontein, Machadodorp. Verder is daar nog ander klasse waar ek privaat na Bloemfontein en ook Grootfontein in Namibie reis vir klasse. Loer gerus by Klasse

Daar is hierdie week nie ‘n nuwe resep gelaai weens die feit dat ons besig is met die laaste snikke van Pekans oes. Volgende week begin die fabriek neute te verwerk en dan maak die bestellings oop. Indien jy Pekans wil bestel kan bestellings geplaas word by: skeerpoortpekans@gmail.com.

Pryse is soos volg:

  1. Keurgraad: R260 per kg
  2. Stukkies: R220 per kg
  3. Tweede graad halwes: R220 per kg
  • pryse sluit BTW in
  • koerierdienste beskikbaar via The Courier Guy

Beste wense

Annelien Pienaar

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!