Listeria of Histeria?

Listeria of Histeria?

Ek sit die gesprek voort oor Listeria. Wil so bietjie die feite en mites aanraak oor die probleem. Listeria is ‘n bakterie en sodra jy die infeksie opdoen word dit Listeriose genoem.

Waar kom dit vandaan? Listeria en sy sub spesies is maar nou eers ‘n 100 jaar gelede geidentifiseer en so onlangs soos 1992 die subspecies meer gedefinieer en daarom eintlik ‘n baie jong bakterie. Hierdie bakterie het etlike bronne en dit is soos die hoender eier situasie…watter een is eerste? Bronne kan wees: besmette diere, grond, water, vars groente en vrugte, suiwel, rou vleis, verwerkte vleis…basies kan dit enige plek voorkom. Hipotese: Skape kry baie maklik Listeriose en vrek. Die boer tel dit nie betyds op nie en begrawe die dier ipv om die karkas te verbrand. In die grond ontbind die karkas en dit reën en water bronne word so geinfekteer. Water word op die groente gespuit…water word gebruik om aanlegte skoon te maak, werkers se skoene raak gekontamineer…sien die krisis? So, watter ene kom eerste?

Goeie nuus is egter dat jy as die verbruiker, wel iets omtrent die situasie kan doen. Om van mikrobes soos bakterie, virusse en swamme ontslae te raak het jy ‘n jodium of alkohol basis nodig om yskaste, oppvervlaktes, mure, vloere ens skoon te maak. Jy kan by jou plaaslike apteek ‘n jodium basis skoonmaak middel aanskaf en so jou huis met dit steriliseer. Yskaste is ongelukkig die grooste sondebok en moet gereeld skoon gemaak word. As daar ‘n drup van ‘n produk is in die yskas, moet dit dadelik skoon gemaak word met die nodige middels.

Onthou, Listeia is nie alleenlik ‘n groot bron van kommer nie. Ek skryf al vir jare oor die gevare van Clostridium Botulinium (Botulisme) wat ook ‘n bakterie is soos Listeria, wat in die afwesigheid van suurstof (anaerobies) groei. Mens bottel en bere sommer enige ding en besef nie dat daar aandag gegee moet word aan pH vlakke ens om die voedsel veilig te hou, vir die beplande verlengde bergings tyd. Ons leef oral met tydbomme en moet ons self vergewis van die gevare. Kom ons kyk na Voedsel vergiftiging waar hoender seker een van die items is wat baie mense al siek gemaak het. Salmonella maak baie meer mense siek as Listeria, maar 1% van Salmonella klagtes eindig op as ‘n mortaliteit statestiek. Waar Listria 20-25% is.

Hoekom skielik die uitbraak van Listeria? Wel, dit kom terug na HACCP standaarde wat nie nougeset toegepas word. Vleis en melk produsente moet beter geinspekteer word. Kritieke kontrole punte soos die verskaffer, aflaai, stoor, hantering, afval verwydering, sisteme se sterilisasie, gesondheid van personeel, persoonlike hygiene ens moet oor en oor op ‘n daaglikse basis gedoen word. Ongelukkig kom ek nou by die ander feit van die probleem naamlik: Preserveermiddels.

Daar word staat gemaak op preserveermiddels om bakteriele en swam groei te onderdruk om die produkte langer op die rak te laat hou. Vir die leek is ‘n preserveermiddel ‘n absolute gevaar in die hand. Hulle sal hierdie gebruik om onhiegienese praktyke te verbloem…Dink dat as iets vakuum verpak word, dit veilig sal wees. Punt is, daar moet van Departement gesondheid groter aanslae geloods word om mense op te voed, beter kontroles in plek te sit en ook na invoere te kyk. Word daar inspeksies gedoen op ingevoerde rou produkte en waar dit geteel, gekweek en gegroei word?

Ja, dink jy…nou wat eet ons dan? Hoe weet ek my kos is veilig? Gaan van die beginsel uit om vars te koop en self te verwerk. Geprosesseerde voedsels met al die preserveermiddels en verrykings steek te veel weg. Kook kos by ‘n temperatuur hoër as plus 70 C vir langer as 10 minute en maak seker die “core temperature” bereik ook 70 C. Veral by groot stukke vleis is dit van kardinale belang.

Annelien Pienaar, Maart 2018

Lees meer oor Listeria: https://en.wikipedia.org/wiki/Listeria

Simpotme van Listeria infeksie: https://www.webmd.com/food-recipes/food-poisoning/tc/listeriosis-topic-overview 

 

2018-03-07T09:03:54+00:00 0 Comments

Leave A Comment