Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Spritz koekies

Table of Contents

Spritz koekies is ‘n wonderlike botter koekie basis met ‘n baie sagte deeg wat spuitbaar is vir koekie drukkers. Die oorsprong van die koekie is van Skandenawiese afkoms en as mens die naam in Duits sou vertaal kom dit neer op ‘n “squirt”/druk. Dus pas die naam by die tekstuur van die beslag en omskryf dit perfek.

Loer gerus op Yuppie chef, Binuns of Take a lot vir die Marcato koekie drukkers. Hy het ‘n verstelbare knop om ‘n enkel of dubbel koekie te druk.

Reels
1. Botter/bakkersmargarien: moet soos klei wees en nie pap by kamertemeperatuur.
2. Yskoue ongesmeerde bakplate, jy bak direk op die plate. As jy vooraf die plate sou vet aanwend sal die degie nie vas sit as dit gespuit word. Omdat die koekie deeg reeds so baie vet bevat sal dit nie vassit nadat dit gebak is. Of die bakplaat het te warm geword. Haal bakplate een vir een uit die yskas soos jy werk. Of vrieskas.
3. Deeg mag nie verkoel word nie, dit sal te dik word (weens melk en eier se vog wat deur die meel absorbeer word) en gaan nie gedruk kan word.
4. Daar is GEEN rysmiddel in die resep behalwe die room metode. Jy kan nie bruismeel gebruik nie. As jy ʼn rysmiddel byvoeg gaan die koekies hul vorm verloor.
5. Deeg kan met gemak gekleur word met voedsel kleursels en poeiers soos gedroogde beet, spinasie, spirulina en vele meer.
6. Drukkies: 1 drukkie gee een koekie, oppas vir te veel druk met die sneller. Die eerste koekie is altyd lelik, hou net aan totdat jy die ritme van druk kry. Ek vind as die buis gelaai word, deur dan net een drukkie in my hand te doen om die drukker te kompakteer, dan te spuit op die plaat, dat elke koekie perfek kom.
7. Staanmengers: Indien jy ʼn staanmenger het, gebruik asb die K vorm haak (Kenwood en Kitchen aid het beide so ʼn k vorm haak). Verkieslik NIE die ballon klitser vir koekie deeg, dit sal die drade breek!
8. Hierdie resep verdubbel goed.
9. Lees eers alles asb voordat jy net wegspring. Dit is n tegniese resep!

230 g botter of 80 % en hoër vetinhoud margarien, sag by kamertemperatuur, maar nie pap en loperig
140 g strooi suiker
2 groot eiergele (large)
10 ml (2 t) melk
½ t geursel van keuse: vanielje, amandel, karamel en sitrus
300 g koekmeel gesif
Knippie sout

Plaas bakplate ongesmeer in vrieskas. Voorverhit oond na 170 C.

Verroom die strooisuiker en botter vir 5 minute by matige spoed tot lig en romerig. Skraap die kante van die bak gereeld af sodat al die botter en suiker goed verroom word. Op ʼn koue dag so 8 min se klits of draai ʼn warm nat handdoek om die basis van die mengbak vir ʼn minuut om botter sag te kry.

Voeg dan die eiergele by en klits weer vir 3 min goed deur. Daarna die melk bygevoeg en klits weer goed deur.

Voeg die meel, geursel en sout by. Klits dan totdat die deeg by mekaar kom. Matige spoed asb of ek verkies om met ʼn houtlepel hierdie deel te doen en dan vinnig alles bymekaar te bring. Jy wil die deeg NIE oorwerk nie. Dit moet regtig net bymekaar kom anders is die deeg taai en wil nie lekker uit druk.

Jy kan hier die deeg in bolle verdeel om te kleur: ek verkies ʼn gel paste want dit maak die deeg nie te nat nie. Letterlik ʼn tande stokkie se hoeveelheid is genoeg. Gel kleursel so 3 druppels maks. Poeiers moet jy vooraf hidreer en ek hou nie van dit want dit maak die deeg taai. So bly eerder weg van poeiers.

Vul die buis en druk soos in die Reels beskryf. Bak die koekies by 170 C vir 11 tot 15 minute. Die idee is nie dat die koekies moet bruin word, maar die kleure behou. Daarom die bak by laer temperatuur.

Ek wil maan dat jy dood seker maak jou oond is die regte temperatuur. Loer in die aanlyn winkel hoe ʼn oond termometer lyk. Verder, hoogte bo seespieel seel ʼn rol. Bak en pas jou temperatuur en tyd aan nagelang van keuse.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, Koekiebak klas 1999
Hoeveelheid: ongeveer 3 dosyn

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!