Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Sosatiesous vir alles-en-nog-wat!

Table of Contents

Hierdie heerlike sous is ook geskik om as marinade vir ander vleissnitte te gebruik maar ook, sommer net ‘n heerlike sous oor bredies, boerewors rolletjies en burgers. My seuns hou daarvan om mayonnaise of roomkaas by te meng vir ‘n chip-en-dip. Hierdie resep is ‘n uittreksel uit my Boerekos met ‘n Twist kookboek en Vleis die Omvattende gids se resepte gekombineer vir ‘n Kerriepoeier wat jy self kan maak en ‘n Garam masala.

250 ml (1 k) olyfolie of sonneblomolie
750 ml (3 k)water
750 ml (3 k)asyn
60 ml (4 e) mielieblom
30 ml (2 e) sout
60 ml (4 e) kerriepoeier
90 ml (6 e) Masala *ek hou van sterk diep kerrie smake so jy kan minder maak
300 g (1 ½ k) bruinsuiker
15 ml (1 e) swart peper
30 ml (2 e) knoffel vars en fyn gedruk
250 ml (1 k) amazi, karringmelk of gewone joghurt (eers bygevoeg as die sous afgekoel het om dan saam met die marinade te help vleis sag maak.) Nie geskik vir bottel en bêre.

Kruie van keuse: 15 ml rooivleis, bees, lam, skaap en wild: roosmaryn, origanum Witvleis: pluimvee en vark: salie, tiemie, dille.

Plaas al die bestanddele in ‘n vlekvrye staal kastrol en bring tot kookpunt. Kook vir 5 tot 10 minute tot goed gemeng en effens dikker.

Bottel en Bêre: giet dadelik oor in warm gesteriliseerde fles. Draai dig toe en draai op sy kop tot goed af gekoel.

Vir gebruik: laat eers baie goed afkoel voordat die vleis bedek word. Vleis kan vooraf in geryg word of net so gelos word in stukkies en later ingeryg word. Laat oornag marineer vir taaier snitte en vir sagter snitte minimum 6 ure. .

Moet nooit oorskiet marinade weer gebruik of in yskas stoor. Jy sal voedsel vergiftiging kry.

Maak ‘n vuurtjie en geniet die sosaties na gelang van gaarheid van keuse.

Volg my by: Annelien Pienaar Food Consultant Faceboek of Instagram of FB eksklusiewe privaat kookgroep vir Boerekos met ‘n Twist

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2023
Hoeveelheid: 1.5 liter marinade

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (4)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!