Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Sagte nougat in ‘n bottel

Table of Contents

Heerlike veerligte en sagte nougat wat netjies in ‘n houertjie gespuit en bedien kan word. Heerlik om in piekniek mandjies te pak asook om n tafel mooi te tooi vir ‘n spesiale geleentheid. Hoe dit ook al is, hierdie resep is verseker iets om te MOET probeer! Onthou asb hierdie resep is NIE n EGTE nougat NIE! Dit is ‘n loperige, wollerige en somer soentjie sag!

Maak ook vinnig jou eie Malvalekkers (Marshmellows) dan het jy nie nodig om winkel toe te gaan en ek vind dat tuisgemaakte Malvalekkers ‘n meer stabiele nougat gee. Klik hier: Malva lekkers/ Marshmellows

230 g (1 k) botter of bakkers margarien (80%) vetinhoud, kamertemperatuur, ferm maar nie pap!
200 g Kondensmelk (ongeveer ‘n halwe blikkie) plus 2 e
150 g Marshmallows (wit verkieslik)
15 ml (1 e) water

Plaas die botter in ‘n mengbak en begin deur dit te klits tot romerig en lig by matige spoed. Stop gereeld en skraap die kante van die bak af soos jy werk. Ongeveer 5 minute se klits is perfek.

Klits die kondensmelk by en hou aan klits totdat die bestanddele deeglik vermeng is.

Plaas die malvalekkers en water in ‘n glas bak en verhit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Roer deur en verhit weer 30 sekondes en roer. Hou so aan totdat die malva lekkers gesmelt het.

Klits die malva lekkers by die kondensmelk versiersel in. Hier kan jy besluit hoe styf jy die nougat wil hê. Indien styf, plaas bak vir ‘n uur in die yskas en klits weer deur. Ek vind dat ‘n matige dikte ‘n heerlike taaiheid en rek aan die mengsel gee. Dus verkoel ek dit nie maar spuit met ‘n viersiersak direk in houertjies en skroef toe.  Hier stel ek voor om te speel met verskillende teksture en diktes asook bestanddele wat jy wil byvoeg.

Idees vir variasies op geure en ook op voorkoms.

Ek gebruik gedroogde Framboos poeier wat ek self maak deur Frambose (raspberries) te droog en dan met ‘n Bamix fyn te maal in ‘n poeier. Sodra die mengsel gereed is sif en ‘n baie ligte lagie van die poeier oor en vou baie liggies in. Dan skep ek dit oor in ‘n versier sak en spuit in mooi botteltjies.

So kan mens verder met geursels speel en met dit dalk bros stukkies wat die geur komplimenteer byvoeg.
Bv. Vanilla en sjololade splinters, Neute en kaneel, Rum en rosyntjie…dink aan oulike idees. Selfs iets soos organiese roosblare en turkse lekkergoed, Fudge!

Rum ‘n raisin: 1/2 k gesmelte sjokolade, rumgeusel en rosyne ingemeng by gesmelte malvalekker

Sjokolade: 2 e kakao gesif en 1/2 k gesmelte sjokolade by malvalekker in gemeng.

Wenk: hierdie nougat is ook heerlik as ‘n koek vulsel of selfs versiersel laag!

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2022
Hoeveeleheid: 6 x 100 ml / g bottels
Raklewe: 4 weke in die yskas

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (14)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!