Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Roly Poly

Table of Contents

As ek die woorde Roly Poly hoor, dan weet ek dit is winter tyd! Ek het groot geword met hierdie lekker nagereg en my ma het dit altyd as deel van ‘n stowe vleis spyskaart bedien. Dan was daar ‘n groot beker met vla en my sussie het altyd die velletjie gekry. Ek het weer gegril vir die stukkies in die vla en het dus met groot liefde as ousus die sussies die velletjie laat kry!

Een geheim van die nagereg is dat jy versigtig moet wees om nie die deeg te oorwerk nie. Verder is dit maklik. Ek gebruik enige soort konfyt soos wat die gier my pak. Dus tradisioneel is appelkoos konfyt as vulsel gebruik, maar ek het al aarbei en onlangs my Kweper en Turkish delight gebruik en die kinders het elke krummeltjie uit die bak gelek!~

Resep
280g Koekmeel (2k)
10ml Bakpoeier
3ml Koeksoda
3ml Sout
85g Margarien
1 Eier, geklits
125ml Melk
90ml Appelkoos konfyt

Metode:
1. Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam en vryf die margarien met jou vingerpunte in.

2. Meng die melk en die eier saam.

3. Meng nou die melk by die koekmeel met twee messe. Dus sny jy die nat bestanddele sodat die deeg goed gemeng word sonder om dit te oorwerk.

4. Druk die deeg aan mekaar en knie liggies vir 1 minuut. rol die deeg 1cm dik uit in ‘n reghoek.

5. Smeer die appelkoos konfyt oor en rol die deeg op.

6. Sny die rol in 3cm wieletjies en pak in ‘n gesmeerde bak met die ringetjies wat na bo wys.

Stroop
250ml Sagte Bruinsuiker
250ml Water
2ml Gemmer
2ml Kaneel

Metode:
1. Plaas al die bestanddele in ‘n kastrol en smelt die suiker. Kook vir 2 minute en voeg oor die wieletjies.

2. Bak die wieletjies by 190℃ vir 30-35 minute.

3. Bedien met lekker dik vla of roomys!

Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za
Hoeveelheid: 6-8 porsies

 

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (4)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

4 Replies to “Roly Poly”

  1. Peggy Landman

    Dan…….die oorskietsels, Maandagoggend……dit onthou ek.
    Sondae was ons roly poly nagereg.

  2. Boerekos

    Dit is mos waaroor die lewe gaan…deel van kos bring soveel herinneringe vir die wat dit met jou deel. Geniet!

  3. Malinda Cassidy

    Daar is heerlike herinneringe in elke happie Roly Poly. Ek gaan dit maak vir sommer net lekker eet

  4. Annelien

    Malinda, tag my asb op Faceboek as jy dit gemaak het en jou terugvoering asb sal waardeer word. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!