Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Romerige Hoender gereg met Bros gebakte aartappels

Table of Contents

Soms het mens net lus vir heerlike eenskottel geregte wat min moeite is maar tog die gaste se voete onder hul uit slaan. Vir variasie kan gerookte spek stukkies as bros lagie oor gesprinkel word of heerlike stukkies ham.

1 kg baba aartappels gaar en sag gekook met skil in sout water.

Druk die gaar aartappels met die agterkant van ;n glas sodat dit plat raak. Pak die aartappels in ‘n oond skottel. Sprinkel met gegeurde sout en giet ‘n halwe koppie olie van keuse oor. Bak vir 30 minute by 180C.

12 ontbeende hoender dytjies
5 stele preie in ringetjies gesny
250 g bruin of wit knopie sampioene in kwarte gesny
1 e goeie kwaliteit masala
1 t borrie of 5 saffraan drade
500 ml hoender- of groente aftreksel
2 t groen peper korrels (opsioneel)
2 t dill gedroog of 4 t vars dill puntjies
2 k ertjies
1 t knoffel
500 ml room
1 e mielieblom
1 k cheddar kaas
Sout en peper na smaak

Voor verhit oond na 180 C.

Braai die preie, sampioene, masala en borrie saam vir 5 minute met ‘n klein bietjie olie, in ‘n diep kastrol met dig passende deksel.

Plaas die honder stukke in die kastrol met gebraaide preie en voeg die aftreksel by. Plaas die kasserol bak in die oond en bak die gereg vir ongeveer 25 minute totdat die hoender gaar en sag is met die deksel op.

Verwyder die deksel en bak dan vir 15 minute oop sodat die vog kan verdamp.

Sodra die aartappels gereed is na 35 minute skep die aartappels by die hoender stukke in. Meng die res van die bestanddele saam en giet oor die hoender en sprinkel die gerasperde kaas oor. Bak oop vir nog 20 minute by 170 C.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2024
Hoeveelheid: 4-6 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (9)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!