Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Risotto Mix-in-a-jar

Table of Contents

Mens sit gereeld en dink aan anders maar praktiese geskenkies om vir iemand te gee. Hierdie is ‘n resep met effense duurder bestanddele en beloof om die persoon te oorrompel met smaak en tekstuur. Ek droog my tamaties en sampioene self. Daar is lesse op die blog oor beide songedroogde tamaties en die droog van sampioene. So, wanneer jy hierdie unieke geskenkie gee, kan jy met trots sê: Tuisgemaak!

Geen preserveermidels en skadelike goed vir jou gesondheid nie. Om die tamaties en die sampioene self tuis te preserveer is goedkoper as om dit te koop. Die ontvanger gaan ook dalk vir die eerste keer in hul lewe hierdie rys dis maak en dus ‘n wonderlike nuwe tegniek by leer.

Maak seker jy sit die kaartjie met die gebruiksaanwysings by. Ek sit sommer die volledige resep op sodat die mense self na die tyd nog kan maak.

Droging van sampioene en tamaties…in kort. Tamaties is dikker en natter as sampioene en gaan baie langer droog as ‘n sampioen wat in dun snytjies gesny word. Droging moet by 70C plaasvind vir 12 ure vir kersie tamaties en vir sampioene so 5 ure. Lees asb die volledige resepte by die skakels in donker blou gemerk.

250 g Arborio rys of enige rys van keuse
75 g Songedroogde tamaties – fyn op gekap Droog self tamaties klik hier
3e Origanum – gedroog
30 g Gedroogde sampioene Droog self sampioene klik hier
1 Aftreksel blokkie – hoender of groente (heelbo in blikkie geplaas)

In ‘n 375 ml botteltjie pak die eerste vier bestanddele in afwissellende lae. Gebruik ‘n opgerolde papier om ‘n tregtertjie te vorm om die bestanddele in die botteltjie te kry.

Plaas die aftreksel blokkie bo in die botteltjie en skroef dig toe.

GAARMAAK AANWYSINGS OP DIE KAARTJIE VIR DIE BOTTELTJIE
EKSTRA BESTANDDELE

750 ml Water
1 e Botter
125 ml Witwyn (opsioneel)
Parmasaan kaas (opsioneel)
Spriet uie (opsioneel)

Los die 1 aftreksel blokkie in 750 ml water op en hou op die stoof sodat dit die heeltyd prut. Jy mag nie koue aftreksel in die kook proses gebruik nie. Dit moet die heeltyd warm bygevoeg word.

Plaas die res van die bestanddele in ‘n nuwe kastrol en voeg 1 koppie kokende aftreksel by en kook oor matige hitte totdat die vog amper weg is. Voeg weer 1 koppie kokende aftreksel by en kook weer totdat al die vloeistof klaar is, roer versigtig tussen deur die kookproses sodat jy nie ‘n papery kry. Voeg nou die laaste koppie aftreksel by en kook soos hierbo beskryf.

Voeg nou 1e botter en 125 ml witwyn by en kook weer totdat die mengsel amper droog is. By hierdie tyd is die rys vet en uit gepof en gaar. Roer ongeveer 125 ml room by en bedien dadelik warm. Sprinkel met gekapte spriet uie en parmasaan kaas indien verkies.

PORSIES: 4.

BRON: Annelien Pienaar, 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (3)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!