Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Pizza muffin met son gedroogde tamatie marmelade

Table of Contents

Sakpas vir die knapsak begroting en einde van die maand sindroom! Al gewonder hoe om oorskiet vleis en tamatie smoor in ‘n heerlike gereg te omskep? Hierdie resep sal verseker ‘n hele paar van jou huismense se smaak kliere aan die kwyl kry. Kom ons begin.

Vulsel 
½ k Son gedroogde Tamatie marmelade of Pasta sous in die BKT kookboek p.200 of Balsamiese olyfsmeer p.28
Opsioneel: 5 ml tarragon of origanum

Meng met mekaar en laat eenkant vir geure om te ontwikkel

Gebruik dan enige oorskiet vleis om in die holte te vul wat gemaak word. 1 koppie se vulsel sal meer as genoeg wees. My gesin is lief vir uit gebraaide spek stukkies, ham, salami, gammon, oorskiet pastei vleis, pynappel, sampioen, uie en vele meer met die vleis gemeng. Hier is dit dus net 1 k van wat jy ook al wil wat in die holte saam met die tamatie marmelade geskep word.

Muffin resep
280 g (2 k) koekmeel, gesif
2 ml sout
10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml origanum
15 ml (1 e) gerookte paprika
5 ml swart peper grof gemaal
60 ml (4 e) olyf olie
250 ml karringmelk of gewone jogurt
5 ml knoffel fyn gedruk
12 swart olywe ontpit of 5 geweekte son gedroogde tamaties grof gekap
2 ekstra groot eier
2 k cheddar kaas, gerasper

Voorverhit oond tot 200 ℃ en berei ʼn kolwyntjie pan voor met pan smeer.

Sif koekmeel, sout, bakpoeier saam. Meng daarby die origanum, paprika, peper en 1 k kaas saam.

Meng die olyfolie, karringmelk en eier saam. Roer die olywe by.

Meng nat en droog met mekaar liggies met ʼn houtlepel. Moenie die beslag te veel roer.

Dreineer die tamatie mengsel goed en sit een kant. Skep kolwyntjie pannetjies driekwart vol en maak ʼn holte in die middel en skep van die gemarineerde tamaties in die holtes. Sprinkel met kaas en rond af met nog so ʼn sprinkel paprika.

Bak vir 20-25 minute tot gaar.

Bedien lou warm.

Wenk: Vrieskas vriendelik

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Pizza muffin met son gedroogde tamatie marmelade”

  1. Estelle.fourie

    Die vissmeer is heerlik kan nie voorbly nie

  2. Annelien

    Estelle, groot dankie vir hierdie wonderlike terugvoering…ek het self in jare nog nie weer gekoop. My familie se gunsteling ook. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!