Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Pavlova uit die BKT TV reeks

Table of Contents

Dit was verseker ‘n fees der feeste om saam met Gretha Pers op die stel van Boerekos met ‘n Twist te kon kuier. Met Gretha is daar altyd een of ander stoutigheid of konsternasie wat besig is om af te speel. Maar met die regte leiding het sy sommer vinnig ‘n Pavlova aan mekaar geslaan met groot sukses. Jy kan ook! Onthou die wenke wat tydens die program aan julle voorgestel is. Lees die meer volledige wenke in jou Boerekos met ‘n Twist kookboek in hoofstuk 5.

Meringue
6 groot eiers, kamertemperatuur, geskei
5 ml (1 t) kremetart
10 ml (2 t) asyn
30 ml (2 e) mielieblom
420 g (2 k) strooisuiker
10 ml (2 t) vanieljegeursel
120 g (1 k) donker kakao

Bessiestroop
30 ml (2 e) mielieblom
250 ml (1 k) water
250 ml (1 k) aarbeikonfyt

Vulsel
500 ml (2 k) Griekse jogurt
65 g (½ k) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) yskoue room, styfgeklits

Maak die meringue: Voorverhit die oond tot 110 ºC en berei 2 bakplate voor deur bakpapier met ’n sirkelmaat van 25 cm af te merk. Smeer die bakpapier met Koekpansmeer (bl. xx) en bestrooi dit met mielieblom. Jy het drie sirkels nodig.

Klits die eierwitte en kremetart saam tot stywepuntstadium. Voeg die asyn en mielieblom by en klits vir 1 minuut.

Voeg ’n halwe koppie strooisuiker by die meringue en klits vir 3 minute voordat die volgende strooisuiker bygevoeg word. Hou so aan totdat al die strooisuiker ingeklits is. Die mengsel sal glansend wees en die suiker goed opgelos. Voeg laastens die vanieljegeursel by.

Skep gelyke hoeveelhede meringue op elkeen van die drie sirkels. Stapel die meringuemengsel eers in die middel van elke sirkel en strooi die donker kakao oor. Meng die meringue dan met sirkelbewegings van die middel af na buite sodat dit gemarmer word met die kakao. Strooi nog kakao oor indien nodig om die strepieseffek te kry.

Droog die meringue vir 3 uur in die oond. Plaas op afkoelrakke om af te koel.

Maak die bessiestroop: Los die mielieblom in die water op, voeg dit by die aarbeikonfyt en meng deeglik deur. Giet die mengsel in ’n kastrol en verhit totdat dit verdik. Plaas eenkant om af te koel. Verkoel verder in die yskas en gebruik soos nodig.

Maak die vulsel tien minute voor opdiening: Meng die jogurt, versiersuiker en vanieljegeursel saam.
Stel saam: Plaas een meringue-sirkel op ’n koekbord en smeer ’n laag room oor, volg met die jogurtmengsel, bessiestroop en dan vars bessies. Pak elke laag in hierdie volgorde en stapel die drie lae op mekaar.

 

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (3)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!