Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Lewerkoekies

Table of Contents

As kind was hierdie een van die goed wat ek so helder as vandag kan onthou, wat my Ma op sondag aande vir my Pa gemaak het.

500 g Bees- of skaap- of wildslewer
4 middelslag aartappels
250 ml gesnyde groenboontjies
2 spinasie blare of ¼ k pietersielie gekap
1 middelslag tamatie
1 ui
1 knoffel toontjie
2 snye brood
3 eiers
140 g (1 k) koekmeel
15 ml bakpoeier
10 ml sout
1 ml peper
150 ml sonneblom olie vir vlakvet braai

Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke en laat dit in melk week vir 60 minute tot oornag. Dreineer.

Plaas lewer stukkies in ‘n voedselverwerker en kap tot grof, maar nie loperig fyn. Skep uit. Voeg in dieselfde voedselverwerker bak: die aartappels, boontjies, spinasie, tamatie en ui tot baie fyn.
Indien jy ‘n vleismeul het is dit puik vir die werk. Voeg laaste die snye brood by laaste saam met die mengsel.

Voeg die eiers en lewer by die gemaalde mengsel en meng goed. Voeg die meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng weer goed deur.

Skep lepels vol lewermengsel in ’n pan wat vooraf verhit is met bietjie olie. Braai die koekies beide kante oor matige hitte tot gaar en bruin. Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of koud voor. Bedien met Ouma Hantie se knoffel room sous op p.24 in die Boerekos met ‘’n Twist kookboek. Wenk: koekies kan in eier ringetjies of ander koekie drukker vormpies gebak word vir eenvormigheid.

Hierdie gaar koekies vries goed.

Bron: Annelien Pienaar, 2015, Kook met afval klas.
Hoeveelheid: 20-30 koekies

 

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!