
1 blik karamel kondensmelk
3 eiers goed geklits
250 g botter of 80% bakkers margarine
500 g versiersuiker gesif
1 t vanielje geursel (variasie van geursels en kleursels kan ook gebruik word)
1 k droe vrugte op gekap
1 k neute van keuse op gekap (opsioneel)
250 g marie koekies grof gekap
1 k klapper as dekorasie of gesmelte sjokolade enige kleur (1 k)
Berei ‘n gesmeerde pan wat uit gevoer is met ‘n dubbel lag foelie. Smeer ook die foelie met bietjie olie sodat die blokkies sommer maklik kan los kom. Pan se mate 20 cm x 28 cm ongeveer. Jy kan bepaal hoe dik die eind produk moet wees.
Smelt die botter maar oppas dit mag nie kook nie. Voeg dan daarby die caramel kondensmelk, versiersuiker en die geursel asook die eiers. Roer baie vinnig sodat die eiers nie skif nie.
Voeg die res van die bestanddele behalwe die klapper by. Roer goed deur en druk in
Druk met die agterkant van ‘n spaan die beslag goed vas, sprinkel met klapper en laat in die yskas afkoel. Sny later in blokkies. Voordat die blokkies gesny word, smelt sjokolade in mikrogolf vir 30 sekondes en hou so aan totdat dit glad is, smeer oor die koekiebasis en laat stol. Sny met warm mes.
Wenk: klein handjies kan lekker saam help en dink so daaraan: vervang die vrugte en neute met smarties, 100’s and 1000’s, gekapte fudge stukkies en vele meer…selfs chock chips.
Bewaar by kamertemperatuur vir ongeveer 2 maande.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2023
Hoeveelheid: ongeveer 30 blokkies afhangend hoe dik jy skywe sny.
Sluit gerus ook by die Boerekos met ’ n Twist lesers groep aan op FB. Daar kan jy heerlik deel in ‘n gemeenskap van leergieriges oor alles en nog wat vanaf die tuin, veld tot die tafel.


One Reply to “Karamel Kondensmelk vingers”
Engela van Staden
Dit is baie vrygewig van jou Annelien om so ‘n heerlike resep te deel…baie dankie!
Ek het nie ‘n idee waar jy woon nie, maar wil weet of jy makatane daar het of kry? Indien nie wil ek iemand soek wat dalk nou hier in Hartenbos of omgewing met vakansie is om vir jou een of twee saam te neem. Kan jy vir my laat weet asb.?