Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Hoender Lasagne binne 20 minute!

Table of Contents

Hoender Lasagne binne 20 minute!

  • Hierdie resep is uit nood gebore jare gelede toe ek die skoonmense wou beindruk en die rande was maar skraps as student. In my kleine vrieskas in my woonstel het ek my ma se witsous bêremengsel gehad, 4 hoender borsies, ‘n ou pak lasagna velle wat al beter dae geken het en ‘n blikkie maaskaas, droë ui op die groente rakkie en gemengde bevrore groente. Dit was die som totaal van die knapsak student se idée van eet.
  • Hoop julle geniet hierdie resep want dit neem van begin tot einde ongeveer 30 minute. Indien jy die mikrogolf inspan so 20 minute. Kom ons begin.
  • Variasies: 1/2 k fyn gekapte spinasie of 1/2 k room mielies of fyn brokkolie 1 k ekstra 

Bestanddele vir Hoender Lasagne binne 20 minute!

  • 4 hoender filette, klein blokkies gesny (of oorskiet gaar hoender van ongeveer 400 g- 600 g)
  • 1 medium ui, fyn gekap
  • 250 g sampioene (opsioneel, het later jare eers ingesluip)
  • ½ knoffel, fyn gedruk
  • 1 t gerookte paprika
  • 2 e olyf olie of sonneblom olie
  • 2 k gemengde bevrore groente van keuse
  • 4 k Witsous bêremengsel Boerekos met ‘n Twist kooekboek p. 211
  • 1 bakkie room- of maaskaas
  • 10 lasagne velle geweek in kook water om sag te raak vir 20 minute met 1 e olie
  • Sout en peper na smaak
  • Cheddar kaas vir oorstrooi en bros bak

Metode vir Hoender Lasagne binne 20 minute!

  • Voor verhit oond na 180 C. Smeer ‘n reghoekige bak met olie en plaas eenkant. 19 cm x 30 cm
  • Week die lasagna velle in kokende water, moenie kook nie. Laat 20 min staan indien jy dit in die mikrogolf wil gaarmaak. Anders is dit nie nodig vir oondbak.
  • Braai die uie tot glansend en voeg die sampioene by en braai al die vog uit. Voeg die hoender stukke by en braai tot gaar. Voeg die knoffel en paprika by en roer goed deur en verwyder van die plaat. Hou eenkant.
  • Maak die witsous aan en meng dan die roomkaas of maaskaas by. Neem helfte van die mengsel en roer by die hoender. Voeg die groente by en roer goed deur.
  • Skep witsous op die basis van die pan en maak gelyk. Druk die lasagna velle vas en skep dan hoender vulsel op, maak gelyk. Skep dan sous en herhaal soos beskryf. Eindig met ‘n dun lagie witsous en sprinkel soveel as wat jy wil cheddar…2 koppies is genoeg.
  • Oond bak: 180 C vir 30 minute
    Mikrogolf: 100 % vol krag vir 20 minute, maar laat eers die kaas uit. Bedek die bak met kleef plastiek en mikrogolf vir 15 minute en laat dan 4 minute staan in die mikrogolf. Daarna kan die lasagna oop gemaak word en kaas oorgesit word. Bak dan vinnig onder die rooster element van die oond sodat die kaas kan smelt.

Bron: Annelien Bezuidenhout, 1993, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 4-6 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (7)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!