Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Elektriese mengers wat nie tot onder meng

Table of Contents

WAT OM TE DOEN AS JOU STAANMENGER NIE MOOI AL DIE DEEG VAN ONDER MENG NIE

KENWOOD
Dit is baie belangrik wanneer jy jou menger gebruik en die bak uitskraap vir byvoorbeeld ‘n koek, daar geen droë bestanddele mag agter bly nie. Dit beteken dat die haak te hoog is.
Selfs met brood knie is die deeg nie veronderstel om droë kolle onder in die bak te hê nie.
Ek hoop julle gaan julle mengers sommer baie geniet. My menger is 22 jaar oud en my pa het dit nog vir my op my 21ste verjaardag vir my gekoop…daardie tyd was die probleem nie in die boekie gestipuleer nie, asook nie gekom met die bypassende moersleutel nie. Deesdae is die nuutste Kenwoods almal toegerus met hierdie inligting in die Handleiding asook die moersleutel wat saam kom. Daar is egter ook Kenwood staan modelle wat NIE met moere op die hake toegerus is, maak seker voor jy ‘n staanmenger aanskaf dat jy hierdie faktor in gedagte hou. Ek verkies om self te kan stel, maar jy betaal egter meer vir hierdie opsie.

As jy na die verskillende spane kyk sal jy ‘n moer aan die bopunt sien. Daardie moer moet na bo geskuif word sodat die spaan langer kan word. Plaas ‘n 5c muntstuk in die bak en draai die lem. As die lem die muntstuk eweredig met elke draai skuif is die lem se hoogte vir optimale meng perfek reg. As die lem die muntstuk effens raak en soms oorslaan om te skuif in die bak, is die lem nog te hoog.

Kitchen Aid
Hierdie mengers sal julle merk se spane het nie moere op die spane nie. Maar jy sal met die staan modelle wat soos ‘n Kenwood oop slaan na agter, wel merk dat daar teen die rug kant ‘n swart skyfie is met ‘n gleufie in. Hierdie gleufie is die plekkie waar die spaan langer en korter verstel kan word. Neem net ‘n 5c muntstuk om die skyfie te draai. Kloks gewys is langer en anti-kloksgewys korter. Volg dieselfde instruksies vir toets soos vir die Kenwood beskryf.

Kitchen aid mengers wat met die slingertjie op en af beweeg, se swart skyfie kan teen die kante van die menger se kop gevind word en presies soos hierbo uit een gesit verstel word.

Bron: www.annelienpienaar.co.za November 2015

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Elektriese mengers wat nie tot onder meng”

  1. Linda

    Hi. Ek het n Russel Hobbs menger en wil glad nie aanskakel nie. Sal so graag rede wil weet. Het nog gewerk en toe ek weer wil gebruik toe gebeur dit.

    1. boerekostwist

      Linda, ek kan jou eerlikwaar nie antwoord op dit…dit kan wees dat ‘n ratjie gebreek het of ‘n borseltjie op die motor gebrand het. Neem jou menger asb na ‘n hersteldiens.

      Groete

      Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!