Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Eiervrug Feite

Table of Contents

Eiervrug… hier is so bietjie “food for thaught” en waarom ek so lief is om dit te plant en verwerk in gedroogde formaat soos poeiers, vegan biltong, vries, pekel en vele meer!
Aubergine, Melongene, Brinjal is die name wat gebruik word vir ‘n heerlike groente wat altyd oorgeslaan word en ook nie reg bekend gestel is in ons diëte deur ons ouers. Ek het later as student die wonder van hierdie lae kalorie en koste effektiewe groente ontdek en tot vandag is dit ‘n moet om ten minste 2 x tot 3 x per week van hierdie groente te eet. So waarom is ek so lief vir eiervrug? Wat is die waarde daarvan in ons daaglikse dieet? Onthou hierdie groente moet nou nie die alfa en omega word nie, maar deel van ‘n groter dieet om peulgroentes soos bone in jou dieet in te werk want daar is ongelooflike waarde om hierdie twee te kombineer. Ek sal meer idees deur die loop van die week met julle deel en ook verwys na my boeke en resepte!
Graag wil ek aan julle bekendstel die nutriënt waarde van ‘n eiervrug en hoekom ek dit as deel van my gesondheid roetine sien en meer nog… my gesond hou in alle opsigte.

Kom ons delf bietjie dieper in die Nutrient waarde van ‘n Eiervrug:

1. Vit C: natuurlike anti-oksidante wat yster bind aan rooibloedselle om suurstof beter deur die liggaam te Vervoer. Vit C beskerm selwande teen vrye radikale skade, versterk immuniteit.

2. Vit K: bloedstolling en beendigtheid (nie veilig vir diegene op bloed verdunners).

3. Vit B6: brein ontwikkeling, breinselle in stand te hou.

4. Vit B9: Folaat is belangrik vir normale sel ontwikkeling en formasie van DNA.

5. Mangaan: help met beenmurg vorming, rooibloedsel vervaardiging en verlaging van inflammasie in die liggaam.

6. Kragtige anti-oksidante soos: nasunin en chlorogeniese suur word in eiervrug gevind. Nasunin is ‘n antosianien en deel van flavonoïede wat deel uit maak van polifenole. Wat weer ‘n direkte verband hou in die verligting en ook lang termyn voorkoming van “mental health decline”, hartvatsiektes, kanker, diabetes en vele meer. Basies word elke sel in jou liggaam dus beskerm. Chlorogeniese suur is ‘n kragtige anti-oksidant, -mikrobiaal, -LDL en -karsinogenies.

7. Vesel: eiervrug is baie hoog in vesel en vesel in die dieet is belangrik om oortollige suiker, vette en ander ongewensde substanse te absorbeer en uit die liggaam te neem. Sien dit as ‘n wonderlike besem en voorkom hardlywigheid. Volheid gevoel en goeie item indien jy op ‘n gewigsverlies program is of net low carb wil gaan.

8. Polifenole: die eiervrug is ryk aan hierdie element en fenoliese verbindings wat gekenmerk word aan die effe bitter smaak maar kragtige anti-oksidasie effek in die liggaam, wat vrye radikale teen werk (teen kanker baklei, voorkom wanbalans in elektroniese ladings in selle).

9. Ongelukkig is daar ook nadele soos die feit dat die Eiervrug deel vorm van die Nightshade familie soos tamaties, aartappel en bell peppers. Dus kan persone wat sensitief of selfs allergies is vir alkoloides baie siek word van Eiervrug. Vel uitslag, ekseem, naarheid, hoofpyn ens.

10. Hierdie vesels van eiervrug is ook deel van prebiotika wat as voedsel dien vir probiotika om postbiotika te vorm om gesonde persistalse en algemene gut-microbiota gesondheid te verseker.

Hoe dankbaar kan ons wees vir die Skepper van ons se oop Hand om vir ons elke dag kos op die tafel te sit…beplan slim jou etes, eet minder, goedkoper maar wyser! Beplan fyn met jou groente tuin en raai wat, al woon jy in ‘n woonstel doen eiervrug baie goed in potte en groei opwaarts! DAt een groente soveel waarde kan bevat? Lees my boeke en resepte fyn want alles wat ek ontwikkel word FYN beplan…
Is dit regtig nodig om elke sny van die eiervrug te sout? Nee, die nuwe varieteite van eiervrug is MINDER bitter en as jy dit liggies sout tydens die gaarmaak. Geen afspoel ens nodig.

In Vleis die omvattende gids het ek nie minder nie as twee heerlike resepte in die Marinades, piekels, soute en souse afdeling as bykosse saam met vleis disse. Hoop jy sien die geheime resepte nou raak en maak plan…want dit is pragtige geskenkies gepak met smaak in ‘n bottel vol sonskyn en…dit inhoud lyk fantasties. Die ontvanger van so ‘n bottel sonskyn sal nie anders as om dit te wil oop maak en geniet.

Bron: www.annelienpienaar.co.za 2023 deur Annelien Pienaar

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!