Kuier en kampkos. Verbeel jouself jy het jou eie restaurant aand tuis met hierdie heerlike peusel happies! Heerlike bros gebraaide hoender vlerkies in een van jou gunsteling souse. Meng en pas na jou voorkeur.
Die souse hou vir 8 weke baie goed.
Graag nooi ek jou uit om op Faceboek by my kos groep aan te sluit vir kuiertjies en ook lesse rondom kos. KLIK HIER: https://www.facebook.com/groups/boerekostwist
2 kg hoender vlerkies, tippies af gesny, verdeel vlerkies in kleiner dele
1 e bakpoeier
½ k koekmeel
¼ t sout
2 1/2 t knoffel poeier
¼ t swart peper vars gemaal
Meng al die droë bestanddele saam . Hou eenkant.
Spoel die verwerkte vlerkies en druk goed droog. Plaas vlerkies in ʼn diep mengbak. Sprinkel die meel mengsel oor en skud die bak sodat al die vlerkies bedek is met die mengsel.
Die vet braai die vlerkies in klein hoeveelhede in olie. Sodra bruin en gaar. Skep uit en dreineer. Hou die hoender warm vir sous wat oorgegiet moet word.
Lugbraaier opsie: plaas in lug braaier en maak gaar vir 30 minute.
Buffalo sousie
¼ k botter
¼ k blatjang
4 e heuning
Meng en mikrogolf verhit vir 5 min en giet oor warm vlerkies.
Bloukaas sous
¼ k blou kaas, gekrummel
1/3 k suur room
¼ k mayonnaise (Cross and Blackwell)
¼ t knoffel
1 e suurlemoensap
1 t suiker
sout en peper na smaak
Meng alles saam.
Durky sous
½ k wit asyn
1 ¼ k water
1.25 ml chilli poeier
2.5 ml Tabasco sauce (opsioneel)
2 t knoffel vlokkies gedroog
1 ui, baie fyn gekap
1e bruin suiker
¼ t sout
¼ t paprika
½ t maizena
Meng bestanddele saam, kook vir 5 min in mikrogolf. Bedien.
Bron: Annelien Pienaar 2024
Hoeveelheid: 8-12 porsies resep halveer goed.

