Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Botter en suurlemoen Aspersies

Table of Contents

Dit is nou weer aspersie tyd en selfs my troeteldiere hier op die plaas help pluk. Ek het eintlik vergeet van die aspersies wat ons geplant het en op ‘n dag toe ons gaan ertjies soek, kom die honde al stoeiende met bekke vol aspresies verby. Dit was omtrent ‘n gesig…ons het net gelag en seker gemaak die tuin hekkie bly toe vir eers. Hier is my eenvoudige maar smaaklike manier om aspersies te bedien. As variasie tot die sousie kan knoffel en parmassaan na smaak bygevoeg word.

30 aspersie stele, skoon gemaak en dooie stingels af gebreek
125 ml vars suurlemoensap
100 ml gesmelte botter
1 e Groente sout p.211, Boerekos met ‘n Twist kookboek

Kies ‘n groot genoeg kastrol om die aspersies met lang stingels gemaklik in te pas. Vul met ‘n kwart water aan en kook die water. Voeg 1 t sout by en voeg die aspersies by en stoom met deksel vir 5 minute.

Terwyl die aspersies kook smelt die botter en suurlemoensap saam in ‘n pan. Skep die aspersies oor in die pan en roer braai 2 minute en sprinkel die Groente sout oor.

Bedien dadelik.

Nota: Die suurlemoensap kan verminder word na smaak. WAt ook ‘n heerlike toevoeging is, is die Gepekelde Suurlemoene, wat fyntjies op gekap word en saam geroerbraai word in die plek van die suurlemoensap.

Bron: Annelien Pienaar, 2019, My groente tuin en die Filistyne!

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Botter en suurlemoen Aspersies”

  1. Cecile

    hoekom sak koek in in die middel

  2. Annelien

    Hallo Cecile, koek wat in die middel sak is ‘n koek wat nog nie mooi deur gaar gebak is nie. Maak seker deur ‘n eksterne oond termometer te gebruik om seker te maak jou oond is reg. Die vog in die koek het nog nie uit gebak en dan suig dit ‘n vakuum soos ‘n sakkie wat vol stoom is in die mikrogolf en as dit uit die mikrogolf kom en afkoel suig dit ‘n vakuum. Selfde prinsiep. Loer ook op my webtuiste na die oond termomenters wat te koop is. Loer ook in my kookboek Boerekos met ‘n Twist na die nuttige inligting in Hoofstuk 4 oor die kopkrappers met koekbak en al die antwoorde op probleme. Groete Annelien Pienaar.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!