Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BKT Klets-kombuis Week 4

Table of Contents

Hallo Twister. Baie dankie dat julle so getrou saam kuier op FB en ook hier met die navrae op die webtuiste. Onthou as jy ooit enige direkte navrae wil rig epos my by boerekostwist@gmail.com. Die week was woelig gewees en ons gesin weer in gelid met die skool dinge. Hierdie week het ons weer hard aan die BKT kook program gewerk en ook die eerste episode aan VIA voorgelê. Die nerwe was maar dun van wee die feit dat daar al programme was wat VIA getermineer het toe dit nie die standaard gehaal het nie.

Daar was geen kritiek, behalwe dat daar ‘n deel van my stem oorgedoen moet word want dit klink nie soos “Annelien”, maar ‘n pappegaai. So, volgende week is dit terug na die studion en klank opnames. Dit is nie maklik om sinnetjies so uit te werk dat dit saam met die minute van die beeldmateriaal inval. So, jy moet maar hier en daar teks leer. Verder is hulle baie, beindruk met die produk wat gelewer is.

Volgende week is ek vir twee dae in die Kaap werksaam en gaan julle bietjie afskeep met hulp op die FB blad. Ek sal soos ouder gewoonte elke aand na 20h00 inloer en help met die tegniese aspekte. Loer ook op die Events deel van die webtuiste vir die nuwe klasse. Klasse is ook onder shop gelaai.

Die resepte wat ek vir hierdie week gelaai het is ‘n volledige ete wat julle kan gaan kook. Hierdie ete het fynere puntjies om jou die tuiskok te leer hoe om vars en gesond te kook. Mag jou gesin sommer heerlik knibbel aan jou liefdes werk in die kombuis.

Die BKT kookboek kompetisie begin vandag en die wenner word volgende vrydag met die nuusbrief aangekondig. Wat kan jy wen? ‘n Getekende kopie van die tweede druk van Boerekos met ‘n Twist die kookboek en ook ‘n replika BKT voorskoot, wat ons op die VIA TV produksie gebruik het. Die gereg wat ek gekies het, is bekostigbaar en maklik om te maak…ek gaan al die Twisters die geleentheid gee om deel te neem en ek laai ‘n gratis resep vir die doel van die kompetisie.

Hoe om deel te neem:
Jy moet die Vetkoek deeg resep in die gratis afdeling gebruik om ‘n ete van jou keuse voor te berei. Die deeg kan verwerk word na enige vorm van jou keuse…’n Vetkoek hamburger, ‘n gevulde lang brood…dalk wiele…hoe dit ook al sy. Jy moet ‘n gesin kan voed. Jy word toegelaat om net 1 vulsel te gebruik vir die kompetisie…dus op die foto wil ek sien:
1. Iets wat gemaak is met die Vetkoek deeg resep.
2. ‘n Vulsel in, op of langs die Vetkoek variasie.
3. Die wenner deel dan hul kinkel en ook resep op die Gratis afdeling van die webtuiste.
4. Share jou foto op die Boerekos met ‘n Twist groep op Faceboek, jy mag net 1 inskrywing plaas en die #BoereKosTwist1 aan te heg.

Ek kan nie wag om julle skeppings te sien.

BKT groete

Annelien Pienaar

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!