Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BKT Klets-kombuis 3

Table of Contents

Hallo Twister,

Hierdie week het ons baie geleer oor die weeg en ook die afmeet van suiker en ook die verskil tussen die gewig en vervanging van witsuiker en strooisuiker as jy sonder die een of die ander is. Die kruks van die saak is waar suiker langer neem om op te los as dit in ‘n beslag verroom word en strooisuiker makliker. Daar is geen verskil in tekstuur tussen die twee tipes suiker, maar jy moet egter seker maak jy klits genoeg sodat wit suiker se kristalle oplos. Boerekos met ‘n Twist kookboek het ‘n omskakelingstabel van milliliter mates na gramme. Ek vra dat julle na die tabel sal kyk en op p.12 ook lees oor die meet van bestanddele en julle dan sal verstaan hoekom ek NET met ‘n skaal werk en nie koppie mates nie.

Met die kook van rys het ons ook ‘n heerlike gesprek gehad en gesien dat rys eintlik ‘n min moeite gereg is om te maak. Kry die rys aan die kook met 2 koppies water tot 1 koppie rys met 1 t sout. Skakel af, hou deksel op en so sal die rys self verder gaar stoom op die afgeskakelde plaat. Ek is persoonlik lief om rys te kook en dan in kleiner porsies te vries en uit te haal en in die yskas te laat ontdooi. Daarna braai ek die rys as ek sou verkies en weet ook so dat die GI van die rys laer is. Hieroor sal ek nog eendag meer in detail uit berei, die verlaging van die GI en hoekom en hoe dit werk.

Ek het vir volgende week begin dink aan nuwe goed wat ek julle wil oor leer. Ek wil fokus op iets wat ek ‘n ongelooflike passie voor het…kruie en speserye. Hoe weet ek wat om waar te gebruik. So, ek is besig om vir julle ‘n oulike table op te stel.

 

Mag die naweek sommer klopdisselboom gaan en julle met jul geliefdes lekker kuier.

 

BKT groete

 

Annelien

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

4 Replies to “BKT Klets-kombuis 3”

  1. Veronica

    Dankie vir die inligting wat jy deel.

  2. Annelien

    Dankie dat jy die passie deel vir kos en ons gesinne, vriende. BKT groete Annelien Piennaar

  3. Marita

    Shoe die kruie en speserye hulp sal ek BAIE waardeer, want dit voel vir my of al hierdie wonderlike geure beskikbaar is en ek is so oningelig!
    Dankie

  4. Annelien

    Daar is ‘n basiese stel riglyne en ons gaan rondom dit werk. Ek sal oor twee weke bietjie meer inligting publiseer. Groete Annelien Pienaar

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!