Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Appelkoos konfyt

Table of Contents

In die Suid-Afrikaanse kos kultuur is appelkooskonfyt seker die voedsel item wat die meeste in geregte gebruik word. Dink aan jam tertjies, wildebees ogies of te wel lepel steeltjies, konfyt skywe, tussen lagie met koeke, asynpoeding, gemmerkluitjies, potjiekos souse, bredies, kerrie-en-rys, jaffels en die lys hou aan. Dus, moet elke huis ’n potjie appelkooskonfyt vir die wis en die onwis besit. Onthou dat wanneer appelkooskonfyt gekook word die kleur van die konfyt deur paar faktore bepaal word.

Hoe jonger die vrug, hoe ligter die konfyt. Hoe vinniger jy kook, hoe ligter die konfyt.

Hierdie resep vermeerder baie goed tot en met 10 kg.

1 kg appelkose, halveer
750 g witsuiker
5 appelkoos pitte (in gaasdoek verbind)
1 k water

Sprinkel die witsuiker oor die appelkose en pitte en laat oornag staan om vog te trek.

Volgende dag verhit die mengsel met die water baie stadig en roer aanhoudend. Was kante van die kastrol af en sodra die suiker opgelos het, kook baie vinnig totdat die mengsel verdik vir ongeveer 45 minute.

Bottel die appelkooskonfyt dadelik in gesteriliseerde warm flesse. Onthou om die pitte uit te haal.

Bron: Annelien Pienaar, www.bosenbergguestfarm.co.za
Hoeveelheid: 3 x 375 ml botteltjies

 

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (8)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Appelkoos konfyt”

  1. Jeanetta Gouws

    Middag Annelien

    Wil graag hoor wat moet ek doen dat appelkoos konfyt nie uit die outydse jamtertjie koekk nie

    Ek is raadop

    Groete
    Jeanetta Gouws
    0820639186

  2. Annelien

    Jeanetta, as jy winkel appelkooskonfyt gebruik vir elke koppie konfyt meng 10 ml mielieblom met 50 ml water roer by die konfyt en kook in die mikrogolf tot verdik en skep dan lepels vol op ‘n koue bakplaat en vries. Anders as jy self konfyt kook, kook dit vir langer om dikker te word. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!