Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Pekan en hoë vesel karringmelk beskuit

Table of Contents

300 g melasse suiker (treacle sugar)
500 g botter of bakkers margarien met 80 % vet inhoud
2 ekstra groot eiers, geklits
500 ml (2 k) karringmelk
1 kg koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) sout
200 g (4 k) high fiber bran / wheetbix, all bran flakes
60 g (2 k) semels (bran)
2 gerasperde appels
100 g rooibosbessies (cranberries)
80 g klapper, fyn
100 g (1 k) pekans, gekap

Smelt botter en melasse suiker saam sodat die botter net gesmelt is. Die suiker sal wel nog korrelrig vertoon, moenie kommer. Laat afkoel en voeg eers karringmelk by en klits deur en daarna eiers. So voorkom jy dat as die mengsel dalk te warm is, eiers nie skif.
Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Meng dan die res van die bestanddele by en maak seker alles is eweredig versprei.
Maak holte in die meelmengsel en voeg die karringmelk mengsel by en roer met houtlepel totdat al die bestanddele begin aan mekaar klou. Onthou, met vinnige deegsoorte soos bakpoeier beskuit moet die deeg nie oorwerk word nie, anders sal die eindproduk hard wees. Dit gebeur omdat gluten ontwikkel word. Daar kan dus nog droë meel op die volgraan pap vlokkies wees.
Druk in plat beskuit pan met afmeting van ongeveer 35 cm x 45 cm. Druk met afdrukker of sny met groente messie in vingers. Bak by 180 ℃ vir 35 minute. Laat beskuit in die pan afkoel. Sny dan binne-in die pan in vingers. Skep uit en pak in oond op bakplate sodat daar ‘n vinger spasie tussen elke beskuit is. Droog vir 5 – 8 ure by 115 C. Onthou kus streke gaan effens langer droog.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (4)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Pekan en hoë vesel karringmelk beskuit”

  1. Ciska Hayward

    Annelien wat is die verskil tussen high fibre bran, digestive bran en bran? Onder watter handelsnaam is dit beskikbaar?

  2. Annelien

    Hallo Ciska, ek neem aan jy woon in die buiteland? As jy op Google search die woorde High fibre bran in tik sal jy sien dit is ‘n ontbyt graan wat hoog in vesel is en in dun repies vervaardig word, amper soos spaghettie, die woorde digestive en bran is dieselfde ding. Jy kan hier ook weg kom om die Hi Friber bran met Allbran flakes te vervang.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!