Ek hou van veelsydigheid van resepte. As jy na hierdie resep kyk val dit in die klas van ‘n Ganache resep. Die versiersel kan ook as ‘n doopsous of selfs sous vir roomys en ander terte en koeke gebruik word. Die raklewe van hierdie sous is ongeveer 3 maande in die yskas. Wanneer jy dit wil gebruik, laat buite om tot kamertemperatuur te kom en dan is die kleur ook weer mooi glansend soos in die foto gesien.
Onlangs na my een Consol bottel wat gemerk is: “Mamma se sjokolade sous” gesoek. Toe ek begin ondersoek instel, was daar ‘n middernag fees gewees met malvalekkers, plaatkoekies en wafels van alle dinge, alles gedoop in die naam van sjokoladesous!
½ k wit suiker
½ k kakao, gesif
½ k water
½ k botter, gesout
½ k goue stroop
1 k -2k sjokolade splinters (goeie kwaliteit sjokolade) hoe meer sjokolade hoe dikker die sous.
½ k room
Plaas die suiker, kakao, water, botter en gouestroop in ‘n kastrol en verhit sodat die suiker smelt. Sodra die suiker gesmelt het, kook vir 2 minute en verwyder van hitte.
Voeg die sjokolade splinters en room by die warm mengsel en moenie roer vir 5 minute, draai die kastrol in die rondte. Die sjokolade sal baie vinnig smelt as dit ‘n goeie gehalte sjokolade soos bv. Lindt 70-90% is.
Klits dan met ballon klitser deeglik deur. Laat die mengsel goed afkoel en plaas dan verder in yskas vir 30 minute en klits met klitser weer goed deur.
Bron: Annelien Pienaar, Nuwejaar vieringe Desember 2017
Hoeveelheid: 600 ml


6 Replies to “Romerige Sjokolade versiersel”
Amanda van der Merwe
Nom nom, die sjokolade sous lyk HEERLIK! Gaan defnitief maak en op roomys voorsit. Dankie vir al die lekker resepte Annelien.
Annelien
Amanda, groot plesier. BKT groete Annelien Pienaar
Roline Halliday
Dankie Annelien, gaan beslis die sous maak, maar ek is bevrees ek gaan dit net so opeet en nie wag vir n koek of roomys nie… geseende nuwe jaar vir jou en jou gesing
Annelien
Hallo Roline, ja ek is selfde, soos ‘n stout kind oor hierdie nutella happie.
Christelle
Myne sopas klaar en in yskas. Mmmmm
Heerlik!!! maar nog te dun om koek te smeer. Raak hy bietjie dikker in yskas?
Annelien
Hallo Christelle, maak seker jy werk met ‘n goeie kwaliteit sjokolade. Verkoeling gaan verseker die mengsel laat verdik. Groete Annelien