Onlangs gehoor een van ons honde is ʼn diabeet. My morsdood geskrik en nie geweet dit kan ʼn troeteldier oorkom! Ek het dadelik begin navorsing doen en hierdie resep opgespoor. Jy het wel ʼn paar opsies met hierdie resep om dit so rou of gaar vir jou troeteldier te voer.
Vir die rou weergawe vries jy die mengsel in kolwyntjie pannetjies en voer dit dan so. Die ensieme in die maag is juis gemaak om rou te moet verteer en nie gaar. Maar as jy die gaar weergawe wil doen, dit is en bly steeds gesonder as om kossies uit ʼn blikkie te voer met preserveermiddels in.
Jy kan een stappie verder gaan en vir jou hond hierdie mengsel droog in dun biltong stukkies.
1 k steengemaalde volkoring meel
4 jumbo eiers
3 k opgekapte beeslewer
Meng al die bestanddele saam.
1. Rou bereiding:Verdeel in porsies van keuse in ʼn silikoon muffin pannetjie en vries. Die silikoon pannetjies vergemaklik die uit dop van die happies om apart te kan vries.
2. Gaar bereiding: Skep muffin pannetjies half vol en bak dan by 180C vir 30 minute tot geset. Stoor dan in vrieskas en haal uit soos benodig.
3. Neem ʼn teflon matjie van A 4 grootte gepas in ʼn bakplaatjie van dieselfde grootte. Skep die beslag daarin uit en sprei oop. Droog dan in dehydrator vir 6 ure, maak snytjies sodat jy makliker die porsies kan uit breek, en dan nog 9 ure by 55C. Vries sodra afgekoel en jy is seker dit is goed droog. Onthou dat hierdie gedroogde formaat gekonsentreerd is en moet asb in moderasie geneem word.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2022

