Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Elria Wessels-Geskiedkundige van Boerespyse en Hartskombuis

Table of Contents

My paaie het so 20 jaar gelede met Elria Wessels gekruis toe ek besig was met ‘n Verhandeling oor Suid-Afrikaanse kultuurkos. Op daardie stadium as ek reg onthou was Elria Wessels nog werkend by die Oorlogs meuseem in Bloemfontein. Sy het vir my ‘n kopie gestuur van Boerespyse wat sy saamgestel het in opdrag van die Oorlogsmuseum. Dit was ʼn insiggewende boek in vele opsigte want ek kon direk vir die skrywer vra hoe sy by elke resep se oorsprong uit gekom het. Ons het vir ure heen en weer geepos.  So het sy die paadjie plavei vir nog bronne wat ek nagevors het en so het my Boerekos met ʼn Twist konsep ontwikkel. Later jare het Human en Rousseau ʼn verwerking van hierdie boek publiseer as Hartskombuis: Boerekos van die Anglo-Boereoorlog tot vandag. Ook ʼn pragtige boek waarby Elria betrokke was.

Ons vriendskap het gegroei en so het ek meeste van haar werke bekom en gelees. Sy het pragtig geskryf en soms ook baie humoristies geskryf. So eie aan ons volk, die humor ongeag hoe swaar dit gaan. Die lys van boeke is baie lank en ongelooflike kennis wat Elria gehad het ook daarin vervat. Sy het onder andere op haar eie ʼn databasis van Krygsgevangenes opgebou en met haar unieke speurvernuf families van hierdie mense opgespoor en so ook stories kon bekom om op papier vas te lê. Sy het vir meer as 30 jaar vir die Oorlogsmuseum gewerk en ek glo dat haar insette en navorsing oor die Anglo Boere oorlog van onskatbare waarde is. Haar werke leef voort! Ek het haar na al die jare vir die eerste keer ontmoet met ‘n  besoek in 2018 waar sy afgetree het in Wolmerans stad en woonagtig was by ‘n broerskind van haar. Verlede jaar is sy na ‘n ouetehuis waar sy weens dementia verder versorg was. Ek koester elke epos en brief!

Elria het ʼn Meesters graad verwerf in Geskiedenis aan die Universiteit van Bloemfontein en was eers ʼn onderwyseres in Geskiedenis voordat sy by die Oorlogsmuseum aangesluit het. Soos hulle sê die res is Geskiedenis.

Werke uit Elria se pen:

Die Bannelinge, Kwinkslag ( oor die humor van die oorlog), Verskroeide Aarde  en They fought on Foreign Soil en nog vele ander. Hierdie boeke spesefiek het ek baie geniet, asook ook haar Boerespyse.

Ek gaan ons eposse sommer baie mis en ‘n bron van oneindig baie inligting.

Tot ons weer eendag ontmoet liewe Elria.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Elria Wessels-Geskiedkundige van Boerespyse en Hartskombuis”

  1. Anka du Plessis

    Ek het die resepte boek – Boerespyse –
    Resepte en kospraatjies rondom die Anglo-Boereoorlog

  2. Annelien

    Geniet jou boek want dit is ‘n kosbare stukkie witgoud. As jy ooit wil verkoop…kontak my.

    Groete

    Annelien Pienaar

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!