Hierdie webtuiste word vertaal van Engels na Afrikaans, en daar mag nog Engelse dele wees. Dankie vir die geduld met die proses!

Gemengde Skenkel potjie

Table of Contents

My Filistyne geniet die groot bederf as daar besluit word dit is potjie dag. Vir hierdie ete het ek nie genoeg skaap skenkel en nek gehad nie en toe bietjie wild skenkels bygesit. Die manne het behoorlik gekoer oor hierdie Skenkel pot. Vir Vadersdag was my keuse vir bykos gewees heerlike Witbrood deeg waarvan ek een helfte van die deeg mee brood gebak het en die ander helfte vetkoek. My persoonlike gunsteling: Vetkoek met ‘n gaatjie en die sous en sagte vleis en groente ingeskep…ek eet vir myself boepens, want dit word afgerond met stroop. Manlief is natuurlik lief om die brood eenkant te bedien om die sousie mee op te slurp. Of tradisionele Kabu (kaboem mielies), romerig en heerlik. Hoe dit ook al sy, potjie is koning in die Pienaar kamp.

Graag deel ek met julle hierdie resep uit my nuutste kookboek: Vleis/Meat die omvattende gids

Nota: Om ‘n volledige ete saam te slaan klik op die skakels om die resepte vir witbrood deeg te vind asook hoe om die Brood varkie van Eureka Mills te gebruik.

Bykos idees: Soetpatat gebak in foelie oor die kole bedien met botter en bruinsuiker vir soetgroente.

1.5 kg Skenkel en Nek vleis
½ k olyfolie
5 e botter
3 medium uie, ringe gesny
500 g knopies sampioene, skoon gevee en stingels verwyder
5 seldery stingels, fyn gesnipper
3 e knoffel
2 liter water
2 aftreksel blokkies van keuse
1 pak potjiekos groente
3 takkies vars roosmaryn, gekap of 4 e gedroog
2 e mielieblom
2 e koekmeel
250 ml klapper room of klappermelk of gewone room
250 ml litjie sap
2 e masala mengsel

Braai uie, sampioene en seldery met olyfolie en botter tot glansend en skep uit. Braai die vleis in klein hoeveelhede in die potjie tot mooi bruin, skep uit en verbruin die vleis tot alles gedoen is. Voeg die uie mengsel, 1 liter water en aftreksel blokkies by en kook die vleis tot amper sag vir ongeveer 1 ½ uur. Vul die water deurgaans sodat die vleis nie kan aanbrand nie.

Sodra vleis begin lyk of dit sag word en van bene wil los kom, voeg die groente by in egalige laag bo-op die vleis. Kook tot amper sag en maak die verdikkings middels aan.

Meng roosmaryn, mielieblom, koekmeel, litjie sap, klappermelk en masala saam. Klits goed deur met draad klitser om klonte te verwyder. Voeg by die kokende massa en met die houtlepel druk en lig jy die vleis versigtig van die kante van die kastrol om te help dat die room mooi deur vloei. Haal pot van kole en rus vir 15 minute om te verdik en souse te vorm.

Geniet!

Bron: Annelien Pienaar, 2017
Hoeveelheid: 8 persone

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmarkClose
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

5 Replies to “Gemengde Skenkel potjie”

  1. Herman Kern

    Vol No 3 pot is genoeg vir 12 mense met inagneming van die bykosse, sommer maar net so bietjie nuttelose inligting.

  2. Annelien

    Jy laat my lekker lag Herman, my Filistyne eet vir ‘n weermag! Dankie ek waardeer. Groete Annelien

  3. Judy van der Merwe

    Dit lyk heerlik, gaan dit beslis probeer

  4. Annelien

    Geniet…groete Annelien

  5. Anselda Els

    Baie dankie Annelien.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmarkClose

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Hi Twisters!

Welcome to the brand new website! To help you find you feet, we have added a short introductory video for you. Please have a look below before closing this window to help you get the most out of your BKT web experience.

Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!