Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Madeira koek / cake

Table of Contents

Wat maak ‘n Madeira koek so uniek? Dit is die tipe koek wat jy gebruik om met fondant versiersel oor te trek. Die koek se tekstuur is kompak, maar sag. Die koek kan gewig dra. Tradisioneel kry Madeira koek suurlemoensap en skil by vir daardie komplimentering van die bestanddele. Om die beste eind resultaat uit hierdie resep te kry, bak met botter. Bak margarien sal werk, maar die botter en suurlemoen gee net ‘n ongelooflike smaak aan die koek…jy sal die koek eet sonder versiersel, so lekker is dit. Die beslag is ook geskik om kolwyntjies mee te bak. Dus ‘n resep om maar in die argiewe te stoor as iets wat werk.

Wenk: Indien die botter of margarien nie sag genoeg is of jy het vergeet om dit betyds uit te haal. Rasper dit met die growwe kant van die rasper. Deesdae doen ek dit in elk geval om my menger te spaar. Lugbraaier/Airfryer: Skep die beslag in ‘n gesmeerde foelie foelie bakkie wat in jou lugbraaier pas. Indien jy ‘n 10-20 cm pannetjie het rond of vierkantig sal dit die perfekte koek lewer vir Airfryer bak. Verlaag net die temperatuur tot 160 C en bak vir 45 min.

Resep
140 g Botter / Rama / Stork bake, kamertemperatuur.
225 g Koekmeel, gesif
140 g Witsuiker
10 ml Bakpoeier
2 Eiers, groot
125 ml Melk
7.5 ml Vanielje of 15 ml Suurlemoensap en 15 ml Suurlemoenskil gerasper
Knippie sout

Metode
1. Voorverhit oond na 170 ℃ en smeer ‘n koekpan met botter en skud uit met meel. Indien jy nie gereeld bak en nie jou panne ken nie. Sit maar vir die wis en die onwis ‘n stukkie bakpaier in die bodem van die pan. Of gebruik die Koekepanne smeer op die blog.

2. Plaas al die bestanddele in ‘n menger of mengbak en klits die mengsel vir 10 minute totdat dit lig en romerig is. Stop twee keer en skraap die kante van die bak af sodat al die bestanddele goed deur meng. “n Staafmenger werk ook heerlik soos Bamix of net ‘n gewone houtlepel en baie armspiere kan ook help om die beslag mooi glad te maak.

3. Skep in gesmeerde pan. Maak die bokant van die koek glad en druk die middel effens platter as die kante. Carolie praat hier uit ervaring, dan sit jy nie met ‘n toringtjie wat rys nie.

4. Bak vir 40 minute by 170 ℃.

5. Laat in die pan effens afkoel voordat jy dit uitkeer om verder af te koel.

English Version

Recipe
140 g Butter or Bake Margarine like Rama or Stork
225 g Cake flour sifted
140 g White sugar
10 ml Baking powder
2 Eggs
125 ml Milk
7.5 ml Vanilla essence or 15 ml Lemon juice and 15 ml Lemon zest
Pinch of Salt

Method
1. Preheat the oven to 170 ℃ and grease the baking tin.

2. Place all ingredients into mixing bowl and beat for 10 minutes until light and fluffy. Stop with intervals and scrape the sides of the bowl down.

3. Scoop into tins and bake at 170 ℃ for 40 minutes.

4. Let the cake cool slightly before unmoulding.

Source: Annelien Pienaar vir  Cake classes and decorating: boerekostwist@gmail.com

Amount: 1 cake or 12 cupcakes.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!