Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Vrugtekelkie Kaaskoek

Table of Contents

Wanneer mens met gelatien werk is hul baie keer bang vir dit. Ek weet met die regte hoeveelheid gelatien tot die tipe vloeistof dit die bepalende faktor is tov die fermheid van die set. Onthou egter dat vars vrugte se ensieme ‘n invloed kan hê op die stol van die gelatien en moet eers liggies gekook of blansjeer word, voor gebruik. Pynappel, aarbeie, frambose is van nature baie suur en daarom het die resepte altyd meer gelatien nodig om ferm te set. Wenk: hierdie koek hou 7 dae in die yskas.

*aanpassing vir suikervry…onthou hierdie Kaaskoek is steeds gelaai met koolhidrate. Daarom is die porsie groote vir een groot koek 1/12de van die koek.

Koekie basis
100 g Tennis beskuitjies, baie fyn gemaal *veselryke koekies soos Carrs
50 g botter gesmelt en in die beskuitjies in gewerk

Berei ‘n losboom koekpan voor deur die pan se basis (los deel) eers met kleef plastiek van ongeveer twee lae oor te trek. Mate (25 cm sirkel). Hierdie sal help om die koek maklik later af te skuif. Smeer ‘n dun lagie Pansmeer op p.12 in die Boerekos met ‘n Twist kookboek, aan die wande van die pan. Voer die wande nou uit met kleefplastiek, maak seker die kleefplastiek sit mooi vas teen die kante.

Plaas die koekie krummels in die pan en skud die pan sodat die krummels eweredig versprei oor die bodem. Neem nou ‘n glas en druk die koekie krummels styf in die bodem vas. Plaas die pan in die yskas om dan te verkoel tot nodig.

Vulsel
500 g Roomkaas *low fat of fat free
500 g Gegeurde yoghurt van keuse *sugar free en fat free
40 ml Suurlemoensap
400 g Strooisuiker *2-3 eliquid natreen na smaak
60 ml Gelatien poeier
250 ml Kook water
500 ml Room, styf geklits

Meng die roomkaas, yoghurt, suurlemoensap en suiker saam tot die mengsel mooi egalig is.

Sprinkel die gelatien poeier in die kookwater en roer totdat dit goed opgelos het. As dit nie oplos nie, plaas die bakkie weer in kookwater totdat die mengsel soos stroop lyk en geen spikkels wys nie. Laat die mengsel tot kamertemperatuur afkoel.

Klits die gelatien by die roomkaas mengsel in, hou aan klits vir 5 minute op matig vinnig. Die gelatien sal veroorsaak dat die mengsel sponsig word. Vou geklopte room in deur ‘n ballon klitser te gebruik om die takie maklik en vinnig af te rond.

Skep vulsel in vorm van ongeveer 20-25 cm deursnit en 10 cm diep. Laat vir 4 ure stol en versier met bessies en vrugte van keuse. In hierdie foto het ek vars vrugte gebruik: Swartbessies, aarbeie (vir 1 min blansjeer), spanspek, kiwivrug en kersies.

Jellie laag
500 ml helder wit appelsap
1 e plus 1 t fyn gelatien
Knippie sout

Suikervrye jellie laag: *500 ml water, 1 e plus 1t fyn gelatien, 1 e vloeibare Natreen, 2-5 ml geursel van keuse (kook soos vir gewone jellie laag)

Verhit (nie kook) die appelsap en roer die gelatien by en roer tot opgelos. Laat vir 10 minute om af te koel en giet versigtig oor die koek sodat die vrugte net halpad bedek is, stol vir 10 minute en giet die res van die appelsous oor. Die rede vir die twee keer giet, anders dryf die vrugte na bo. Laat stol vir 4 ure of oornag verkieslik.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, Kersfees: Geskenke uit jou koskas idees.

Hoeveelheid: 1 kaaskoek van 25 cm deursnit en 10 cm hoog. 8 porsies.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (7)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Vrugtekelkie Kaaskoek”

  1. meinfam

    Eksuus ek pla weet. Hoe maak mens om die resep uit tedruk? Die print opsie is weg.

  2. Annelien

    Hallo Mien, dit is ‘n tegniese error en ons werk deur die nag om dit vir julle weer te aktiveer. Ons behoort 20 Desember 2017 die situasie reg te he. Groete en dankie vir die geduld. BKT groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!