Hierdie webtuiste word vertaal van Engels na Afrikaans, en daar mag nog Engelse dele wees. Dankie vir die geduld met die proses!

Tamatiesous

Table of Contents

Ons het as kinders preserveermiddel-vry grootgeword weens ’n diabeet sussie wat amper vir alles allergies was. Moeder het baie moeite met ons kos gedoen en almal was maar verplig om gesonder te leef. Met hierdie resep het ons grootgeword en tot vandag toe maak ek vir ons huis. Die suiker kan wel vervang word met kunsmatige versoeters, ek gebruik persoonlik vloeibare Natreen wat glad nie ‘’n nasmaak gee. Ongelukkig moet jy proe soos jy werk. Die ander nadeel van die kunsmatige versoeter is dat die rak lewe van die produk nie so lank is nie, daarom is dit belangrik om die produk in die yskas te stoor.

Eerste kooksel
5 kg rooi ryp tamaties, blansjeer (wanneer tamaties in klein hoeveelhede in warm kokende water gedompel word sodat die skille self kan los gaan. Mens skil nie ‘n tamatie soos ‘n appel nie, al die goedheid sit onder die skil en jy sny dit weg.) Dompel die tamaties vir 2 min kokende water, sit in koue water en trek die skille af.
1.5 kg uie, gekap
4 selderystingels, gekap
3 e fyn knoffel
1 k water

Kook al die bestanddele saam totdat die uie en tamaties sag is, neem ongeveer 60 minute.

Puree bestanddele in klein porsies en dreineer die sap deur ’n growwe sif. Gebruik die agterkant van ’n houtlepel om die moes deur die sif te vryf. Die gladde mengsel word nou by die tweede kooksel gevoeg.

Die pitte en vesel word nie verder gebruik nie. (Ek sal dit vries om sheba of tamatiesmoor mee te maak)

Tweede kooksel
1 l (4 k) asyn
600 g (3 k) suiker of vir diabete (3-4e) Liquid Natreen
100g tamatiepuree
1 k appelkooskonfyt
1 t neutmuskaat
1 k water
1 e sout
1 t fyn peper

Voeg die eerste kooksel by die tweede kooksel se bestanddele en kook die mengsel oor hoë hitte, vir ongeveer 60 minute om dik te word. Haal van hitte af en laat 10 minute afkoel voordat dit gebottel word.

Bottel die produk in gesteriliseerde flesse en draai bottel op sy kop. Dit help die stoom wat moontlik in die deksel vog vorm, om nie bakterieë in te laat groei nie. Met die omdraai slag sal die vog wat gevorm het eweredig versprei.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.annelienpienaar.co.za, preservering klasse.

Hoeveelheid: 2.5 liter tamatiesous

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmarkClose
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

8 Replies to “Tamatiesous”

  1. Anri Britz

    Baie dankie vir die preserveermiddel vry resepte soos die een. Ek waardeer jou harde werk en deel van resepte met ons kosliefhebbers!

  2. Annelien

    DAnkie Anri, loer gerus na my kookboek Boerekos met ‘n Twist wat nou vars op die rakke is. Daar is byvoorbeeld boerewors, biltong, witsous (droe mengsels), warm sjokolade ens ook wat geen preserveermiddels bevat en tot groot voordeel van jou gesin se gesondheid is. Groete en Twist voort, Annelien

  3. Andrew du Toit

    Dankie Annelien, Het gister die resep probeer en dit gehalveer want ons potte was net nie groot genoeg nie en die kassie tamaties wat ons gekoop het was net onder die 5kg toe gebruik ons maar 2.5kg en halveer als die bestandele. Ons het ook Xylitol gebruik as ‘n versoeter. Maar ek dink ons het hom nie genoeg laat koop op die ou einde nie. Die eerste sarsie was in die instapot vir ‘n uur gedruk. Die tweede sarsie was in ‘n oop SS pot gekook.

  4. Annelien

    Oe jinne jong…ek is nie baie te vinde vir die gebruik van spesefiek xylitol want dit is regtig nie geskik om mee te kook nie. Verhitting is nie gewens. Verder as iets nie dik is, moet dit langer gekook word sodat vog verdamp. Hoe groter die pot waarin jy kook se oppervlakte is hoe beter want hoe vinniger verdamp die vog. Hoop hierdie is ‘n paar punte vir jou om in die toekoms te onthou. Groete en laat weet hoe dit gaan met die volgende kooksels. Annelien Pienaar

  5. Malinda Cassidy

    Ooeeee! Baie dankie! My gade gebruik slegs All Gold tamatiesous. Gaan die vandag vir hom maak.

  6. Annelien

    Kom wys as julle gemaak het asb en dit is gesonder as ooit. Groete Annelien

  7. Johan

    Kan ek die suiker weglaat? Suiker is gif.

    1. boerekostwist

      Indien jy dit so wil doen sal jy die produk se raklewe aansienlik verkort en dan ‘n ompad moet kry om te preserveer soos om dan te bevries of canning tegnieke toe te pas. So ja jy kan maar dan moet jy bewus wees van die suiker wat in hierdie geval as preserveermiddel dien.

      Groete
      Annelien Pienaar

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmarkClose

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Hi Twisters!

Welcome to the brand new website! To help you find you feet, we have added a short introductory video for you. Please have a look below before closing this window to help you get the most out of your BKT web experience.

Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!