Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Suurlemoen en Vinkel sout

Table of Contents

Gedroogde sitrus skil is goud werd in enige huis en met hierdie skil kan die aller heerlikste in vryf soute gemaak word. Verder kan die skille gebruik word om in stroop vir koeke en iets soos koeksisters gebruik word om as hoof geurmiddel te dien.

Droog van Sitrus skil
Vir hierdie projek het ek suurlemoen skil gebruik. Ek waarsku nou al dat Lemmetjies se skille geneig is om GAL bitter te wees. Hou verby!
Sny die skil so dun moontlik van die suurlemoen af en sny dan in vuurhoutjie dikte repies om vinniger te droog. Sit op koerant, sprinkel liggies met sout en droog weg van die son vir 5 dae tot droog. Heirdie skille kan vir ‘n jaar in ‘n bottel gehou word en niks oor kom. Sit so paar rys korrels onder in die houer en dit sal nie muf op die rak.

Suurlemoen en Vinkel in vryf sout
Hierdie sout is heerlik saam met bees en vark asook vis. Ek gebruik dit ook as ‘n sprinkel sout oor slaaie en ongegeurde en onversoete jogurt. Perfekte geskenkies aan gaste.
4 k medium growwe sout
8 suurlemoene se skil gedroog
8 t salie blare (sage)
16 e vinkel saad (Fennel) Bakkers winkels.
4 t rysmeel (koop dit by Dischem loer vir Natures choice)

Rooster die vinkel saad in ‘n warm pan vir 1 minuut. Giet oor in meule of voedselverwerker of gebruik ‘n blender stokkie… Voeg daarby die gedroogde skil en salie blare. Maal fyn na keuse. Voeg die sout by en meng goed. Voeg dan die rysmeel by om sodoende klonte te voorkom en dit help ook verder die sout kleef as dit met olyf olie gemeng word vir ‘n invryf sout.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

6 Replies to “Suurlemoen en Vinkel sout”

  1. Herman Kern

    Kortpad vir kleiner hoeveelhede of haastge gebruik, rasper suurlemoen skil met fyn rasper, voeg by die sout, salie-blare en gebraaide en gemaalde vinkel-sade mengsel, ongelukkig moet jy maar jou hoeveelhede skat.

  2. Annelien

    Herman, ja, as mens die sout een keer gemaak het sal mens vinnig so ‘n “oog” ontwikkel vir wat die gerasperde hoeveelhede toe moet wees. Ek geniet dit om so met die sterkte van die skil te speel. Geniet. Groete Annelien

  3. Lida Hugo

    Moet die salie ook droog wees?

  4. Annelien

    Lida, jy kan gedroog of vars gebruik. Groete Annelien

  5. Tracey Grobbelaar

    Kan mens die salie en vinkel met droë Roosmaryn vervang?

  6. Annelien

    Tracey,

    Dit is moontlik ja.

    Groete

    Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!