Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Spesery en neute fluweelkoek

Table of Contents

Soms moet mens so bietjie avontuurlustig raak in die kombuis en net kreatief al die basiese beginsels en bakkerspersentasies van fyngebak kombineer en voila! Jou smaak kliere gaan aan die dans en voor jy weet is daar ʼn groot bederf vir jou geliefdes mooi getooi op die tafel. Die koek word met min of geen versiersel bedien omdat dit so heerlik gebalanseerd soet is en klam. Toe ek hierdie resep ontwikkel het, was die gedagte om ʼn oop en sagte struktuur aan ʼn tradisionele Botterkoek te gee, daarmee saam was ek lus vir ʼn klapper geur en ook bietjie neutemeel by vir ekstra vogtigheid. Onthou die olies in die neute en ook die klapper sypel uit as dit verhit word tydens die bakproses en gee vir ons een dekadente heerlike sagte smelt in die mond krummel. Kom ons bak!

Voor verhit oond na 170 C en smeer ʼn ringkoekpan met pansmeer p.12 in die Boerekos met ʼn Twist kookboek. Hierdie resep kan ook heerlike kolwyntjies of muffins mee gebak word. Dit sal ongeveer 12 groot muffins lewer en 2 standaard klein piesangbrood pannetjie grootte. Baktyd vir muffins sal wees25 minute.

5 eierwitte, by kamertemperatuur van ekstra groot tot jumbo eier grootte
½ t kremetart

Klits die eierwitte met die kremetart tot punte vorm. Waarna moet ons kyk om te weet die eierwitte is gereed? Die eierwitte is gereed sodra die menger se spaan se merkies wys in die meringe. Dan stop jy dadelik. Elke menger en handelsmerk werk anders. Vir my neem dit met my Kenwood klein twee vlerk handmenger 1 minuut, met die staan Kitchenaid 30 sekondes…maar die belangrike ding hier is om BY jou menger te staan vir hierdie stap. Eierwitte wat te styf geklits word is jou grootste vyand tov struktuur probleme. Hou eenkant.

400 g (2 k) witsuiker
250 g (1 k plus 2 e) botter by kamertemperatuur *bakkersmargarien met ʼn 80% vetinhoud moet gebruik word.
5 eiergele van ekstra groot of jumbo eiers
5 ml vanielje of karamel geursel

Klits die suiker en botter eers met stadige spoed totdat die botter en suiker goed gemeng het vir 2 minute om te voorkom dat die botter uit die bak skiet. Verhoog die spoed van die menger en verroom vir 5-8 minute op matige spoed. Hier is ʼn wenk: Kenwood kan julle die menger tot op 5-6 draai, maar maak seker die menger waggel nie, die menger moet sekuur werk. Vir Kitchenaid tot en met 10-14 vir die Heavy duty mengers. Sodra die mengsel mooi lig is voeg al die eiergele by en klits weer goed deur vir ongeveer 3 minute tot weer lig en donsig.

Voeg die geursel by en klits weer goed deur.

1 k karringmelk / kefir / plain yoghurt
2.5 ml (1/2 t)koeksoda
10 ml (2 t) bakpoeier
280 g (2 k) koekmeel
15 ml (2 e) kaneel
5 ml (1 t) gemmerpoeier
2.5 ml (1/2 t) neutmuskaat
60 g (1 k) fyn klapper
100 g (1 k) pekans fyn gekap, amper so fyn soos pekan meel maar nog hier en daar ʼn growwigheid
3 knippies sout

Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, kaneel, gemmer, neutmuskaat en sout saam. Roer die klapper en neute by die meel mengsel, hou eenkant.

Meng die karringmelk by die verroomde eier en suiker mengsel en roer goed deur.

Meng die meelmengsel by en roer goed deur met ʼn deegskraper. Vou die eierwitte in en skep in voorbereide panne.

Bak die koek vir 35 tot 40 minute tot gaar.

Laat die koek vir 10 minute in die panne afkoel voordat dit op n koekbord ontvorm word.

Bedien met die Roomkaas versiersel in die BKT kookboek by Mev Dominee se wortelkoek of die Mascarpone versiersel.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2020
Hoeveelheid: 1 groot ringkoek, 12 kolwyntjies of 2 piesangbroodjie grootte broodjies.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

4 Replies to “Spesery en neute fluweelkoek”

  1. Malinda Cassidy

    Dit is n moet bak vir my!!! Maar manlief sit nie sy mond aan klapper nie en bespeur dit in altyd. Vraag: hoe lank is die raklewe v/d muffins?
    Baie dankie!!!!

  2. Annelien

    Malinda, Die raklewe sal dieselfde wees soos vir enige ander gebak…3 dae buite, in yskas 7 dae of bevries vir 6 maande. Groete Annelien

  3. Judy Stander

    Hoekom sou die koek platgeval het?

  4. Annelien

    Judy, as koeke plat val nadat dit gebak het, het die koek nie lank genoeg gebak om in die middel te set. Dus sal die middel in sak met aanraking met koue lug en vakuum suig. Dus, loer na jou oond temperatuur en toets dit met n eksterne oond termometer. Loer in die Winkel van hierdie page vir so ‘n toetser. So kan jy weet wat fout is met jou oond. Bak dus bietjie langer en toets in die middel met n tande stokkie of die beslag geset het. As die stokkie uit kom moet dit droog wees.

    Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!