Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Soorte bakkers sjokolade

Table of Contents

Ek het mos belowe om ietsie oor Bakkers sjokolade te skryf. Stoor maar hierdie gesprek vir latere gebruik!

Ek kry meer as gereeld die vraag rondom die verwarring van wanneer om nibs, chips en slabs sjokolades te gebruik. Nou ons gaan vanaand net praat oor Bakkers sjokolade en NIE couverture sjokolade! Bakkers sjokolade word in drie vorms in die Bakkerswinkels vir ons aangebied.

Bakkers sjokolade bevat melk en ander soorte olies. Dit is sjokolade wat nie nodig is om te temper en dadelik gereed is om vir versierings te gebruik. Met ‘n maar ook hier by. Want hierdie goedkoper sjokolade is nie so hard en glansend soos ‘n couverture sjokolade nie. Couverture word met kakao bone en botter gemaak en dus baie duurder weens die bestanddele en ook die toerusting. Dus, is mens beperk met wat mens kan doen tov sjokolade kuns met bakkers sjokolade.

Kom ek verduidelik waarna jy moet oplet as jy in die BAkkerswinkel jou keuse moet maak:
1. ***Sjokolade chips/nibs ***is die eerste foto in die reeks. Dit lyk soos klein spikkeltjies en is geskik vir koekies bak want dit smelt nie maklik agv die feit dat sommige handelsmerke se chips meel en ander soorte plantaardige olies bevat. Hierdie nibs is dus nie geskik vir smelt werk.
2. ***Sjokolade disks/wafers*** is geskik om vir sjokolade kuns en smelt werk te gebruik maar kan ook in koekies en koek beslag fyn gekap word vir ‘n smaakliker uit koms soos vir brownies. Die glans is nie so hoog as geset soos vir ‘n couverture sjokolade nie. Dit is foto no2. Ganaches en souse ook geskik.
3. ***Sjokolade slabs/plakkies:*** hierdie sjokolade is ook vir sjokolade kuns geskik om te smelt asook koekies, koeke, vulsels en vele meer. Dit moet egter goed fyn gekap word voordat dit gesmelt word want groot stukke neem langer om te smelt en dit kan ook tot gevol he dat sjokolade seize.

Tans vind ek dat BAKELS se maak die beste is vir die drie kategorie wat ek hier bo bespreek het. Die nibs hou hul vorm as dit bak, die discs smelt maklik. Ek koop die groot plakkie nie omdat dit baie moeilik sny, alhoewel goedkoper.

Ek hoop hierdie maak vir julle sin en laat julle nou met ander oë na die aanbiedings in die verpakking kyk. Ek sal later in die week vir julle skryf oor die Couverture sjokolade in SA en ook hul vorms en aanbiedings want dit is verskillend tot Bakkers sjokolade wat nie met kakao botter gemaak is.

Groete

Annelien Pienaar www.annelienpienaar.co.za

Kom kuier ook saam by Boerekos met ‘n Twist op Faceboek of volg my op Twitter en Instagram.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (7)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!