Suurdeeg Werkswinkel Saterdag: 19 Julie 2025; 09h00-16h00
Werkswinkel
Original price was: R2,500.00.R1,750.00Current price is: R1,750.00.-30% OFF
Venue: S43, R560 road, Bos en Berg guestfarm, Skeerpoort, 0232. Maak seker jy ruil nie die Bos en Berg om want jy land dalk in Rustenburg. Bos en Berg guestfarm is net wes van die Hartbeespoortdam in ‘n westelike rigting oppad na Magaliesburg.
Nuwe Suurdeeg Werkswinkel
Suurdeeg is ’n ou manier waarop brood laat rys het en dit dra by tot goeie gesondheid deur jou dermmikrobiome gesond te hou. ’n Gesonde maag beteken gesonde breinkos en beter geestesgesondheid!
Ek is passievol oor Suurdeeg! Ek werk al meer as 30 jaar met Suurdeeg en oor die jare het ek tot die gevolgtrekking gekom dat Suurdeeg die manier is waarop ons ons families en vriende moet voed. Brood is gesond, en gluten is nie altyd die skuldige nie—die probleem lê dikwels by swak verwerking en verbouingspraktyke.
In hierdie kursus leer jy:
- Hoe om verskillende tipes Suurdeeg te produseer en te onderhou.
- Meng en voorberei van hoë- en lae-hidrasie deeg.
- Vorm van hoë- en lae-hidrasie deeg.
- Oondvoorbereiding en bak-alternatiewe.
- Alle broodtoerusting en terminologie!
Wat jy in die klas kry:
- Notas, ligte versnaperinge en drankies.
- Alles wat jy tydens die praktiese sessies gemaak het, neem jy saam huis toe!
Maak reg vir: Om pret te hê en wonderlike herinneringe te skep!
Vriendelike groete,
Annelien Pienaar
5 in stock


Reviews
There are no reviews yet.