Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Produk en Voedsel Fotografie en Stylerings Werkswinkel 20 Desember 2024

R7,000.00

Kos fotografie en -Stylerings klas

Ek is passievol oor die onderwerp van Fotografie, komposisies en die bestuur van natuurlike lig, mooi maak van ‘n setting en dan ook die afneem van so ‘n mooi stel en produkte. Deur die jare het ek my kursusse in Fotografie en Styllering voltooi by ‘n verskeidenheid instansies in Suid-Afrika en ook in die buiteland. Daar is in SA ‘n groot behoefte vir opleiding in hierdie veld en ja mens kan nie alles in twee dae leer nie, maar wat wel geleer kan word is om in Manual mode te af te neem, lig te bestuur en vorm te gee aan wat jy wil fotografeer en hoe om dit op sy beste te laat lyk. Dan neem ons hierdie inligting en verwerk dit tot iets pragtig met fotoredigerings programme.

Wat kan jy tydens die klas verwag?
a. Inleiding tot Manual mode, al die verstellings op jou kamera om die beste moontlike fotos te kan neem. Kopseer met fokus? Kopseer met onder- of oor beligte fotos? Wel alles word hier hanteer.
b. Lens opsies.
c. Kan jy met ‘n selfoon neem en HOE…
d. Foto redigerings programme en funksies, jy edit jou eie foto’s onder my waaksame oog.
e. Organisering van die verwerkte data, storing van data, gehue kaarte, versending van digitale inligting.
f. Lig bestuur via natuurlike bron en dan ook kunsmatige lig. Ek help ook hier met watter tipe kunsmatige lig perfek sal wees vir jou projekte wat jy beplan. So spaar ek jou der duisende rande in foute.
g. Kalibrasie van monitors.
h. Stylering: ons kyk na wat jou spesefieke behoefte is, bring saam wat jy wil afneem… Elkeen bou ‘n stel van sy of haar eie, ons bespreek die stel soos ons werk. So leer almal by mekaar se unieke behoeftes en so spreek mens dan ook toerusting aan.
i. Stylering komposisies word in gedril en jy ontvang ook komposisie opsies.
j. Styling to the camera via tether kabels. My kamera sal met my rekenaar gekoppel wees om julle ‘n gevoel van die sisteem te kry. Nie te duur opset en mens kan met bv Canon ook tether as jy die regte programmatuur afgelaai het.
k. Stil fotografie soos ‘n tafel met lekker pasta, die giet van stroop of drankies, stoom of rook dus beweging in ‘n foto word hanteer. Hoe om sonder ‘n driepoot te fotografeer, stellings per jou kamera.
l. Sosiale media bemarking!!

Wat het jy nodig vir so ‘n klas?
1. ‘n Kamera wat in Manual (M) mode kan afneem. DSLR verkieslik. Lens(e) met ‘n vermoë om tussen 50 mm en 120 mm te kan werk. Of ‘n high-end Slimfoon met hierdie funksies.
2. Skoot rekenaar met ‘n card reader of kabel om jou inligting oor te dra vir redigering.
3. Skoon memory kaarte en genoeg batterye, en laaiers asb!
4. Redigerings program soos Lightroom van Adobe. Ek gaan so bietjie raak aan Photoshop maar dit is net liggies daaraan raak. Ek hou daarvan om tydens my fotosessies reeds seker te maak my stel is skoon en maak dus post production makliker.
5. Eie props sou jy jou foto’s jou eie unieke karakter gee en jou produkte. Daar is wel genoeg om af te neem sou jy nie iets formeel wil afneem.
6. Tripod met verkieslik ‘n central column wat kan uit trek vir flatlays.

Finasies: Indien jy dalk ‘n afbetaal reeling wil maak tot en met 2 dae voor die klas epos my by annelien@annelienpienaar.co.za

Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en verpakking ingesluit.
3. Alle nota’s.
4. Epos adres indien jy wil kontak maak: bktklasse2022@gmail.com

Akkommodasie is NIE ingesluit. Daar is verskeie akkommodasie in die area billik geprys. 

Venue en tyd:
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).

Alle klasse begin  om 09h00.

Parkering
Hekke open om 08h45.

Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee.

Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!

Groete

Annelien Pienaar

5 in stock

Category:
SHARE
Reviews (0)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Produk en Voedsel Fotografie en Stylerings Werkswinkel 20 Desember 2024”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP

Produk en Voedsel Fotografie en Stylerings Werkswinkel 20 Desember 2024

R7,000.00

5 in stock

You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Added to wishlist! VIEW WISHLIST
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!