Airfryer werkswinkel 6 Desember 2024
Werkswinkel
R1,250.00
Bemeester die kuns van hoe om die beste uit jou Lugbraaier/Airfryer te kry.
Ontsluit die volle potensiaal van jou air fryer in hierdie prettige, praktiese klas! Perfek vir beginner- en ervare kokke. Hierdie klas sal jou leer hoe om ‘n verskeidenheid heerlike disse voor te berei wat beide gesond en vinnig is. Onderwerpe wat tydens die klas hanteer word sluit in:
1. Spaar lugbraaiers regtig krag?
2. Hoe om van ‘n gewone oond oor te skakel na ‘n lugbraaier.
3. Soorte lugbraaiers en wat sal geskik wees vir jou opset tans.
4. Gaarmaak metodes en hoe die sisteem van ‘n lugbraaier werk. Hierdie reels geld ook vir halogene oondjies.
5. Kan mens broodbak in ‘n lug braaier? Kan mens spek en eiers in ‘n lugbraaier maak veral die laaitjie tipe? Kan mens wel…BAK in ‘n lugbraaier en ook koek? Tydens die demonstrasie gaan ek vir julle paar oulike goedjies wys om hierdie te kan doen.
6. Resep bespreking.
7. Hantering en veiligheidsaspekte tov Lugbraaiers.
Waarde vir my geld? Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en verpakking ingesluit.
3. Alle nota’s is ingesluit.
4. Epos adres indien jy wil kontak maak: bktklasse2022@gmail.com
Venue en tyd:
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).
Alle klasse begin om 09h00.
Parkering
Hekke open om 08h45.
Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee.
Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!
4 in stock


Reviews
There are no reviews yet.