Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Samoesas

Table of Contents

Ek is baie bevoorreg om toegelaat te word om deel te wees van my Moslem vriendin se gesin. Sy bel gereeld en dan moet ek kom kuier as hulle besig is om vir spesiale geleenthede te kook. In haar nederige kombuisie op die plaas het ek al soveel ure wat ek eintlik in jare al kom omsit, beleef. Vir hierdie wonderlike gesin is dit heerlik om my boerekos te eet en die gevoel is wederkerig. Naceema is veral trots op my fyn oog en hoe vinnig ek tegnieke optel. Ek dink die een ding wat ek altyd gevrees het was die eie fillodeeg maak. Naceema het lekker gelag oor hierdie reseppie wat ek nou vir julle gaan gee, en dit Boere Samoesas gedoop. Eendag as ek moed het sal ek vir julle probeer leer om die regte ding te maak. Maar vir nou…sal hierdie een moet doen!

Mens is geneig om te dink dat Samoosa vulsels veronderstel is om “nat” te wees. Maar nee, die samoesa vulsel moet droog wees. Wanneer die samoesa gebak word en daar is te veel vog in die vulsel, sal dit in stoom omgesit word en die deeg sal oop bars en die vulsel sal uitloop. Daarom word samoesas altyd met ‘n pikante sousie bedien vir indoop om die droë vulsel aan te vul.

Ek het ‘n goedkoop pasta masjientjie en ek gebruik dit om die deeg mooi egalig en dun uit te rol. Hoe dunner die deeg hoe brosser kom die deeg uit. Ek stel voor jy speel met die deeg en vind uit watter dikte vir jou geskik gaan wees. Ek gebruik die deeg nie net om samoesas te maak nie. Ek voeg by die meel 2t Komyn of Vinkel saad en rol dit dan dun uit en vlak vet braai die deeg en bedien dit soos “chips en dip”. Moet asb. nie ontmoedig wees om die deeg te maak nie. Die hoeveelheid van die deeg is van so ‘n aard dat maklik gerol kan word met ‘n koekroller.

Deeg
250g Koekmeel
30ml Olyf olie
130g Water, ja jy lees reg, ek weeg my water! Meeste maatbekers is verkeerd gekalibreer!

Meng die deeg en knie tot glad en egalig. Laat die deeg vir 2 ure rus voordat jy dit begin rol.

Vulsel
250g Hoender of Bees maalvleis
15ml Olie
1 Ui, klein, fyn gekap
¼ t Kerrie poeier
¼ t Gerookte Paprika
¼ t Fenegriek
Sout en peper na smaak

Braai al die bestanddele saam totdat al die vog uit is. Laat eenkant om af te koel.

Tamatie Raita
1k Yoghurt
100g Tamaties, pitte en sap verwyder, vleis fyn gekap
30ml Ui, fyn gekap
15ml Vars koljander (Cilantro), fyn gekap (indien nie in voorraad enige groen kruie blaar)
¼ t Komyn, fyn

Meng al die bestanddele saam en verkoel tot voor bediening.

Samoosa vou
Rol die deeg dun genoeg uit dat jy amper daardeur koerant kan lees…ongeveer 1mm dik.

Sny die deeg dan in repe van 6cm by 20cm. Die deeg wat oorbly word weer saam geknie en uitgerol.

Skep ongeveer 2e vulsel op die punt van die samoesa en vou dan in drie hoekies. Seel die punte met eierwit. Verkoel die klaar gerolde deeg voordat jy dit gaarmaak.

Voor verhit olie in ‘n pan, diep genoeg sodat die samoesa bedek sal wees. Braai die deeg vinnig tot goudbruin en bros. Bedien warm.

Bron: Annelien Pienaar, www.bosenbergguestfarm.co.za, 2013
Hoeveelheid: 10-12 Samoesas

 

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (2)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

9 Replies to “Samoesas”

  1. Lena Platt

    Baie dankie Annelien jy is regtig n aanwins vir ons as opkomende baksters ek waardeer dit grootliks en sal n arm en n been gee om onder andere een van jou leerders te wees as dit moontlik vir my is. Hou aan met jou goeie werke en jou mededeelsaamheid van die kennis wat deel jy om ons te help in baie aspekte van ons lewens

  2. Annelien

    Hallo Lena, dankie vir die mooi boodskap. Groete Annelien Pienaar

  3. Mary

    I can’t read a word of this delicious looking recipe because I only read English and Latin. I see yogurt and water. Hmmmm…..I wonder if I can translate it.

  4. Annelien

    Hi there, asap I will do the translation for you. It is really a very easy recipe. From where are you? Kind regards Annelien Pienaar

  5. Hanllie Smal

    Ek is mal oor samoesas maar het nog nooit die selfvertroue gehad om dit te maak nie.
    Aangesien jy nou hierdie resep geplaas het weet ek ek sal dit nou ook kan baasraak.
    Baie dankie dat jy die moet’s en moenie’s so mooi verduidelik. Ek is net baie spyt ek
    bly sover van jou anders was ek beslis daar vir elke klas!

  6. Annelien

    As jy kan lees kan jy kook…hierdie resep is regtig so maklik. Probeer en kom spog op Boerekos met ‘n tWist op FB. Groete Annelien

  7. Catherina

    Well done , I am excited that you mastered the art of samoosa folding.

  8. Yolande Young

    Reg, more maak ek samoosas. Sal kom wys. Het nounet my vleis gemaal en het die deeg reg in die yskas. Natuurlik vir nuwe jaars aand met vriende wat dit gladnie ken nie. Ek neem aan dit gaan goed vries voor dit gebraai word?

  9. Annelien

    Yolande, Dit vries ongebak sommer baie goed. Jy moet geniet en kom wys wat jy maak op die Boerekos met ‘n Twist faceboek groep. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!