Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Roommielie-mieliemeel en spek broodjie (Suurdeeg opsie ook)

Table of Contents

Mieliemeel is seker een van die gewildste stapel voedsels in Suid-Afrika. Ek het dit goed gedink om alle mielie meel wat ek my hande op kan lê te ontgin tov resepte. Hierdie is ‘n heerlike kamp broodjie wat ook oor die kole in ‘n gietyster brood potjie of ronde brood pot gemaak kan word. Die broodjie het vele variasies soos ek later in die resep ook aandui in die bestanddele lys. Ons bak dit soms as ‘n muffin vir die kosblikke en dan maak ek seker die protein deel is hoog vir die honger Filistyne van my. Die resep is vrieskas vriendelik nadat dit gebak het.

490 g (3 ½ k) koekmeel
140 g (1 k) fyn mieliemeel
15 ml (1e) bakpoeier
¼ t koeksoda
50 g (1/4 k) wit suiker
5 ml gegeurde sout van keuse (loer in my Vleis boek in die Soute souse marinade afdeling vir heerlike soute)
115 g (1/2 k) botter
350 ml melk, warm gemaak maar nie gekook, plaas botter hierby en laat goed smelt, laat dan afkoel
2 ekstra groot eiers
410 g (1 blikkie) roommielies (Klik op die rooi room mielie teks vir die resep om self room mielies te maak)
410 g (1 blikkie) heel pit mielies (gevriesde mielies of selfs vars mielies kan gebruik word)
1 k gerasperde cheddar kaas
1 k uitgebraaide en opgekapte spek of ham )Opsioneel)

Variasie kan tot en met ¾ k gebraaide uie, soetrissie, olywe, feta, spinasie puree gebruik word.

Metode
Voorverhit oond na 180 C en smeer twee tot 3 piesang brood pannetjies (half loafies). Hou eenkant.

Sif alle droe bestanddele saam en maak ʼn holte in die middel.

Voeg die eier by die afgekoelde botter mengsel, roer die mielies en res van bestanddele by.

Giet die beslag in die voorbereide pannetjies. Bedek met foelie.

Bak vir 55 minute, laaste 10 min verwyder foelie. Verwyder die broodjies uit die oond en laat effens afkoel voordat die brood uit gekeer word.

Indien kolwyntjies gebak word, bak vir 35 minute by 180C sonder enige bedekking.

Suurdeeg variasie: 
Vervang die melk deel soos volg: 200 ml suurdeeg plus 150 g melk plus 50 ml water en klits tot glad met n vurk.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2021-10-07
Hoeveelheid: 3 half loafies of ongeveer 24 muffins

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (17)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

One Reply to “Roommielie-mieliemeel en spek broodjie (Suurdeeg opsie ook)”

  1. Lizelle

    Dit noem dat mens op die rooi kan klik vir Roommielies ek sien nie die rooi nie kan jy my asb lei na die regte plek?

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!