‘n Romerige, dromerige Pynappel Kaaskoek wat smelt in die mond en amper soos n Crème Carmel of Crème Brulee. By ons winkel Tannie Slaai in Hartbeespoortdam, Schoemansville hou ons daarvan om altyd heerlike lekkernye voor te sit in die koffie tuin. Hierdie is altyd ‘n treffer en graag deel en en my vennote by Tannie Slaai met julle hierdie wonderlike gunsteling! Om meer van my werke te siene te kry teken asb in op die nuusbrief van hierdie webtuiste en ook volg my op Boerekos met ‘n Twist die kook groep op FB.
Wenke
Vars pynappel in beslag: as jy vars pynappel gaan gebruik sal dit die Kaaskoek se struktuur benadeel. Indien jy dus vars moet gebruik, skil, maak die pynappel super fyn en kook dan vir 10 minute in die mikrogolf tot super sag. Die ensieme in die pynappel (bromelien) wat die tekstuur benadeel sal dan gedeaktiveer wees.
Rooster van klapper: dit bring die natuurlike soetheid van klapper na vore en ‘n meer neutagtige smaak. Om die klapper te rooster, neem ‘n pan, voor verhit dit oor matige hitte en plaas die klapper in die pan en roerbraai totdat die klapper ligbruin verkleur. Skep dadelik die klapper oor in n aparte bakkie om af te koel, moenie in die pan los, dit sal bitter word as dit dan brand.
1 ½ k Tennis beskuitjie krummels, fyn
¼ k witsuiker
½ k botter, gesmelt
Meng die beskuitjie krummels, witsuiker en botter saam. Druk die beskuitjie mengsel in ‘n 20-22 cm losboom koekpan. Hou eenkant.
Voor verhit oond na 160 C.
Wenk: As jy die suiker deel oorslaan gaan jy met ‘n baie krummelrige kors eindig wat die proses bemoeilik om die kaaskoek van die bak plaatjie af te kry.
720 g roomkaas by kamertemperatuur
1/2 k suurroom
½ k room
200 g (1 k) witsuiker
5 ml (1 t)sp vanielje geursel
3 groot eiers (large)
250 ml (1 k) fyn gedrukte, geblikte pynappel
Plaas die roomkaas, suurroom en room in n mengbak en klits dit tot super glad.
Voed die suiker en vanielje geursel by ek klits weer tot glad. Voeg die eiers een vir een by en klits goed voor die volgende byvoeging.
Wenk: Appel, peer, piesang kan ook vinnig in mikrogolf gekook word en dan in die plek van die pynappel gebruik word. Dit geld ook vir bessie soorte vrugte.
Skep die beslag in die voorbereide koekpan (of jy kan ook korsloos bak soos op die foto gesien). Smeer die pan se kante net goed en sprinkel die kante met fyn koekie krummels.
Bak vir 60-70 minute by 160 C. Toets die gaarheid van die koek deur liggies die pan te wikkel. AS die koek drillerig lyk, dan is dit perfek!
Laat die Kaaskoek baie goed in die pan afkoel en verkoel oornag.
Keer die koek uit en voltooi die koek met die volgende bestanddele.
Versiersel
1/2 k suurroom
½ k room
¼ blikkie kondensmelk
¼ klapper gerooster
½ k pekans
Stukkies pynappel geskroei in bietjie botter in ‘n pan
Men die room, suur room en kondensmelk saam. Smeer bo op die koek en rond af met die klapper, pekans en stukkies pynappel.
Hou verkoel vir 7 dae.
Bron: www.annelienpienaar ontwikkel vir Tannie Slaai, 2024
Hoeveelheid: 12 snye uit 22 cm koek.


5 Replies to “Pynappel Kaaskoek met ‘n Twist”
Beverly Fransch
Love this website got to renew my subscription
Annelien all I can say you rock with your food knowledge alwsys helpfull love you
boerekostwist[ Post Author ]
Love creating food content for my wonderful readers. xxxA
boerekostwist[ Post Author ]
Thank you for your constant support and keeping the virtual doors litteraly open. Here is to many happy years of feating together. xxAnnelien
Lynette Rall
Asseblief verduiďeluk of die suurroom asook room tydens die maak van die VERSIERSEL eers STYFGEKLITS moet word alvorens dit met die kondensmelk gemeng word.
boerekostwist[ Post Author ]
Korrek ja,