
Wanneer mens die dag die lus kry vir ‘n heerlike koek maar nie lus het vir te veel soet met romerige versiersels, dan soek nie verder ek het vir jou n slim en vinnige plan.
Hierdie koek resep is eenvoudig. Die koek beslag word al die bestanddele in een bak geplaas en net geklits tot romerig. Niks eiers skei of sukkel…!
Sluit gerus aan by my kook groep op Face boek: https://www.facebook.com/groups/boerekostwist
Bolaag
200 g (2 k) pekans grof gekap, of neute van keuse.
115 g (1/2 k) botter
100 g (1/2 k) treacle suiker of demarera of muscovado
60 g (1/4 k) dadel stroop of esdoring of heuning
1 ml (1/4 t) kaneel
Knippie sout
Voor verhit oond na 170C. Voer ‘n koekpan uit met bakkers papier en smeer met botter. Skud bietjie mielieblom in die pan en skud ekstra meel uit. Mates min of meer 20 cm.
Smelt die botter, suiker en stroop saam en sodra die bestanddele gesmelt het en tot kookpunt gekom het, voeg die pekans by. Skep die pekans in ‘n voorbereide koek pan van keuse rond, langwerpig of vierkantig. Hou in die vrieskas.
Koek beslag
3 eiers, ekstra groot
130 g (2/3de koppie) wit suiker
125 ml (1/2 k) sonneblom olie
200 ml suurroom
60 ml (1/4 k) melk
210 g (1 ½ k) koekmeel
1 t vanielje geursel
2 t bakpoeier
Knippie sout
Opsioneel: 50 ml koffie ekstrak van keuse (ek persoonlik trek ‘n shot espresso met Woolworths se Hazelnut koffie)
Plaas al die bestanddele in ʼn mengbak en klits vir 10 minute tot glad. Skep in die bevrore pan en bak dan vir 45-60 minute tot gaar.
Laat die koek vir 10 minute rus voordat dit omgekeer word op ‘n mooi opdien bord.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2024
Hoeveelheid: 1 x 5cm hoë koek.

