Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Mebos

Table of Contents

As ek dink aan my kindertyd en hoeveel Mebos ek geëet het, het ek nie meer nodig om te wonder waar my boepensie vandaan kom nie!
Ons het ‘n appelkoos boord gehad en die Vader allenig weet wat my besiel het elke jaar, maar die gietergat situasie het my nooit gestop nie.
Ons perskes en appelkose was so soet weens die tipe grond waarin dit gegroei het. As jy dit so oop gesny het, het die sous soos dik stroop drade gevorm as jy die lagies skei. Die smaak was altyd intens en heerlik. My Ma het altyd perske rolle en mebos gemaak.

Vir diegene wat nie weet wat Mebos is nie, wel dit is maar ‘n puree van appelkoos hoofsaaklik wat dan in bolletjies gerol was in die ou dae. Daarna was dit plat gedruk en gelos om effens droog te word. Dit was dan in lagies botter papier verpak met ekstra suiker oor. Dit kan lank op die rak bewaar word. Moet nooit op die suiker minder maak nie, dit is juis die preserveermiddel wat bakteriële groei en swamme teë werk.

RESEP
1.5 kg Appelkoos helftes – gedroog
Kookwater
15 ml Sout
1.5 kg Wit suiker
Ekstra suiker vir oorsprinkel vir die wegpak slag (ek verkies strooisuiker dit klou beter en bedek die oppervlakte mooi, en natuurlik is my soettand dan ook bietjie bevredig!)

METODE
1. Plaas die appelkoos helftes in ‘n groot pot en bedek met kokende water.
Laat die appelkose in die water uitswel vir niks meer as 10 minute nie.
Die idee is om die appelkose effens te laat uitswel om die maal proses makliker te maak ander word dit te pap.

2. Spoel nou die appelkose af in koue lopende water en dreineer soveel as vog moontlik.
Druk dan droog met lappe sodat die meeste vog af is en die appelkose droog voorkom.
Ek laat die appelkose vir so 10 minute op ‘n lap lê nadat dit droog gedruk is om net effens wind droog te word.

3. Plaas bietjie vir bietjie van die appelkose in ‘n voedsel verwerker en kap so fyn as moontlik.
Indien jy nog ‘n vleis meuletjie het of ‘n elektriese een op jou menger, sal dit ook perfek werk.

4. Voeg nou die sout en suiker by die mengsel en meng baie goed deur sodat die suiker kan oplos asook die sout eweredig kan versprei.
Laat die mengsel vir 1 – 2 ure met ‘n net bedek staan voordat jy begin vorms maak.

5. Jy het ‘n hele paar opsies om die vorms te maak.
Tradisioneel rol jy balletjies van ongeveer 15 – 20g en druk dit met die palm van jou hand plat soos ‘n pattie, of jy kan dit in ‘n pan druk en dan vormpies druk, of rol stafies of sny in vierkante.
Jou keuse.

6. Laat die lekkers weer droog vir 1 – 2 ure en draai dit halfpad om sodat die ander kant ook kan droog voordat jy dit in die ekstra suiker rol.
As jy ‘n sif het werk dit ook wonderlik.
Pak dan die mebos in lugdigte houers met lagies waspapier om vas kleef te voorkom.

WAARVOOR WORD DIT GEBRUIK?
Ek gebruik dit in my koeke wat ek bak, muffins, mousse, versiersels of vir my kinders se skool kosblikke vir ‘n energie happie. Vir vleis geregte soos potjies, hoender disse, selfs in my yoghurt. Maak dit deel van jou marinade en dit transformeer enige taai stuk vleis. Appelkoos is baas!

Twist: rol in klapper en strooisuiker of kap bietjie neute fyn en werk dit in die mengsel in. Die opsies is legio. Hoeveel om mee te twist? Per aanmaak so 200- 500g neute en klapper wees maar versigtig dit kan ‘n baie droë tekstuur tot gevolg hê, hou by so 1 k binne in die mengsel.

HOEVEELHEID: 50 – 100 stukke afhangende van groottes.

BRON: Annelien Pienaar. 2015

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!