Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Keto 3 in 1 ontbyt

Table of Contents

Keto vriendelike en laag in koolhidrate is tans die tendens vir nuwe lewenstyl keuses. Vir die afgelope 2 jaar het ek resepte op my familie getoets en ons kan ‘n groot verskil sien in ons algemene gesondheid. As werkende ouer het ek besluit om kosmaak vir myself makliker te maak en elke dag die bietjie tyd wat ek in die kombuis het te geniet. Ek het myself die uitdaging gestel om met 1 resep ‘n paar geregte te maak. Met hierdie basis bestanddele lys het net die gaarmaak metode verander om watertand disse voor te sit.

6 porsies
Nutrient waarde per porsie: Calories: 316; Fat: 27g; Protein: 16g; Carbs: 1g; Fiber: 0g; Net Carbs: 1g; Fat

2 e olyfolie
1 k gesnipperde sampioene
1 k gesnipperde spinasie (swiss chard)
6 repies spek, gaar
10 groot eiers
½ k feta kaas of roomkaas
Sout en peper na smaak
Geurmiddels: paprika is ook heerlik saam met hierdie resep

Gewone spek en eier
Braai die sampioene en spinasie saam. Skep uit en hou warm eenkant. Maak die roereier in dieselfde pan of maak gebakte eiers.

Feta kaas kan saam met die roereier gemeng word of dit kan as sprinkel laag gebruik word.

Bedien dadelik.

Fritata 1
Neem ‘n giet yster pan en plaas in koel oond. Voor verhit oond dan tot 200 C. Dit is nie nodig om die pan te smeer.

Roer braai sampioene en spinasie en hou eenkant.

Meng roomkaas by sodat die mengsel vinnig kan afkoel. Roer gekapte spek, eiers en geurmiddels by. Skep in voor verhitte pannetjie en bak 15 minute.

Fritata 2
Voor verhit oond na 200 C en smeer ‘n kolwyntjie pan (12 gat pan)

Meng al die bestanddele saam en hier verkies ek om roomkaas in die plek van feta te gebruik. Dit breek die eier smaak.

Verdeel in 6 porsies en bak vir 25 minute.

www.annelienpienaar.co.za 2020, KIC (Keto-intermittent-calorie restricted) klas

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (2)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!