Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Karamel-Piesang-eenpan nagreg oor die kole

Table of Contents

‘n Vinnig alles in een nagereg so oor die kole. Ontbyt kos word ook sommer jou nagereg met die lekkerste kinkel met geure van karamel, piesang en die bros kraak van muesli en neute! Voeg daarby ‘n skeutjie room en jou dag word net nog beter! Jy kan hierdie gereg met enige vrug van jou keuse maak! Ek neem ‘n basiese Streusel resep uit Boerekos met ‘n Twist die kookboek en kombineer dit met vrugte, suiker en room vir ‘n heerlike karamel bederf met ‘n broslagie. Hierdie nagereg kan koud of warm bedien word…daarom maak dit die perfekte kamp bederf. 

1 k muesli
½ k koekmeel
½ t bakpoeier
3 e botter
3 e grondbone botter (opsioneel vir allergië)
3 e suiker of bruinsuiker (sagte soort, treacle/ muscavado / demarera)

Plaas die koekmeel, bakpoeier, botter, grondbone botter en suiker in ‘n mengbak en vryf die botter in die meel mengsel in totdat dit soos brood krummels lyk. Voeg die muesli en dalk as jy het, ekstra neute by.

6 medium piesangs, lang repe of skywe, jou keuse
¼ k bruinsuiker
3 e botter
1 k room

Plaas die suiker en botter in ‘n pan en smelt die mengsel tot een gladde mengsel. Roer terwyl die suiker en botter smelt. Sodra die mengsel gesmelt het voeg die room by en kook vir 5 minute. Pak die piesangs in die onderkant van die pan in lagies op mekaar.

Sprinkel die muesli mengsel oor en bedek die pan met foelie en bak dan oor matige kole vir 25 minute totdat die piesangs gekarameliseer het.

Bedien met ekstra room en as jy ‘n kamp yskas het, nog beter, heerlike vanielje roomys!

Bron: www.annelienpienaar.co.za vir Boerekos met n Twist!
Hoeveelheid: 4 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Karamel-Piesang-eenpan nagreg oor die kole”

  1. Hanlie Smal

    Hello Annelien – wanneer kom daai bruinsuiker, botter & roommengsel by? Word dit oor die gesnyde piesangs
    gegooi en dan word die muesli oorgestrooi?

  2. Annelien

    Hanlie, soos die titel aandui dit is ‘n EEN PAN gereg. Alles gaan in EEN pan. Soos jy die metode volg voeg jy die bestanddele in lae in die pan. As mens kamp wil jy nie met berge skottelgoed sit nie. Hoop ek maak sin.

    Groete

    Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!