Die na-oes op Skeerpoort se Bos en Berg Pekan produksie plaas word altyd mee getoor in die kombuis. Elke jaar moet ek volgens die boer van my 10 nuwe resepte vorendag mee kom vir die Pekans wat hy produseer. Hierdie blokkie werk egter ook heerlik met ‘n mengel-moes ander neute van jou keuse en selfs grond neute soos Grondbone is heerlik…gesout of ongesout, dit bly heerlik.
Ondersteun die boer direk! Pekanneut bestellings
Kors:
230 g (1 k) botter, gesmelt
280 g (2 k) koekmeel
100 g (1/2 k) treacle suiker
3/4 teelepel kaneel
1/4 teelepel sout
Voorbereiding:
Verhit die oond tot 175℃. Smeer reghoekige 22 cm by 33 cm bak met Pansmeer uit die Boerekos met ‘n TWist kookboek of enige ander kleefwerende kosmiddel, voer uit met bakkers papier en smeer weer. Hou eenkant
Maak die Kors:
Smelt die botter in ‘n medium bak, en roer die oorblywende kors bestanddele by tot jy ‘n growwe krummel mengsel het. Druk dit in ‘n eweredige laag op die bodem van jou voorbereide pan met ‘’n glas. Prik die kors oraloor met ‘n vurk (dit voorkom dat dit opblaas). Druk die deeg in die pan en bak vir 18-20 minute. Hou eenkant.
Karmael Pekanneut vulsel:
115 g (1/2 k) botter
115 g (1/2 k) heuning of goue stroop of maple stroop
100 g (1/2 k) treacle suiker
3 eetlepels room, by kamertemperatuur
2 groot eiers, by kamertemperatuur
325 g (3 en 1/4 k) pekanneut halwes of stukkies
1/8 teelepel sout
1 teelepel vanielje geursel
3/4 teelepel kaneel oorweeg ook my Speculaas kruie..
Karamel pekanneut vulsel:
Klits die twee eiers in ‘n medium bak en hou eenkant.
In ‘n medium kastrol, kombineer die botter, stroop, bruin suiker, en swaar room. Verhit oor medium, en roer om te kombineer. Sodra die botter gesmelt is, bring die mengsel tot ‘n kookpunt, laat dit dan vir 3 minute kook terwyl jy liggies roer. Verwyder die pot van die hitte.
Skep ‘n ⅓ koppie van die botter/suikermengsel in ‘n glas maatbeker. Drup dit stadig in die bak met die eiers terwyl jy klits. Dit temper die eiers – gaan stadig sodat jy nie die eiers laat skuim nie. Sodra dit klaar is, giet hierdie mengsel weer in die pot terwyl jy energiek klits. Roer die pekanneute, sout, vanielje, en kaneel by. Giet hierdie mengsel oor die gebakte kors.
Bak:
Bak vir 28 tot 34 minute. Die middel sal effens drillerig vertoon wanneer jy die pan skuif, en ‘n tandestokkie sal meestal skoon uitkom. Laat heeltemal afkoel voor jy sny en bedien.
Bedienings voorstel: bedien met styf geklitste room en bietjie suiker met vanilla.
Bedien & Bewaar: Sny die afgekoelde blokkies en bedien met gegeurde room. Bewaar oorskiet in ‘n lugdigte houer in die yskas vir 3-4 dae of 6 maande in die vrieskas. Laat die blokkies vir 20-40 minute terug na kamertemperatuur kom voordat jy bedien, tensy jy dit verkies om koud te hê.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2024
Hoeveelheid: 12 blokkies
• Bedien: 1 blokkie | Kalorieë: 639kcal | Koolhidrate: 49g | Proteïen: 6g | Vetsure: 48g | Versadigde Vetsure: 20g | Meervoudig Onversadigde Vetsure: 7g | Enkelvoudig Onversadigde Vetsure: 18g | Transvet: 1g | Cholesterol: 107mg | Natrium: 278mg | Kalium: 220mg | Vesel: 3g | Suiker: 29g | Vitamien A: 971IU | Vitamien C: 0.4mg | Kalsium: 75mg | Yster: 2mg

