Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Italiaanse botter versiesel

Table of Contents

Hierdie versiersel neem bietjie tyd en tegniek. Moenie kommer, sodra jy hierdie resep een keer deur gewerk het, sal dit kinderspeletjies wees die tweede keer. Hierdie is die perfekte versiersel vir warm dae as jy koek moet maak wat vervoer moet word of selfs vir tuis en die koek nie in die yskas wil stoor nie. Hierdie versiersel smelt nie! Verder wanneer jy suiwer kleure nodig het, sal die wit oorheersend in hierdie versiersel wees wat ‘n goeie basis gee vir die perfekte kleur wat jy probeer verkry.

Kom ons begin. Onthou jy kan maklik brand, so indien jy nie ‘n staanmenger het nie en met ‘n handmenger klits, kry iemand wat kan help om die kastrol vas te hou. Belê in ‘n suiker termometer sodat jy akkuraat kan werk.

200 g (1 k) witsuiker
125 mℓ (½ k) water
5 medium eierwitte
50 g (¼ k) witsuiker – vir meringue
230 g (1 k) botter, klein blokkies van 2cm x 2cm
5 ml geurmiddel van keuse

Smelt die 200 g (1 k) witsuiker met water en kook tot 118 ˚C. MOENIE die mengsel roer nie, skud net die kastrol!

Sodra die stroop 110 ˚C bereik, begin die eierwitte klits tot sagte punt stadium en voeg die 50 g (¼ k) witsuiker by en klits verder tot styf.

Sodra die suiker stroop 115 ˚ C bereik, haal van hitte af en kontrolleer die temp om nie oor 118 ˚ C te gaan nie. Plaas die kastrol in koue kraanwater as dit 118 ˚ C bereik het om te verhoed dat die suikerstroop brand.

Voeg die stroop in ’n dun straaltjie by die meringue terwyl die menger aan is. Die menger se stelling moet op medium wees. Voeg laaste geursel en kleurmiddel by.

Klits die mengsel vir 20 minute totdat dit koeler as kamertemperatuur is. Voeg dan die botter klontjie vir klontjie by, die mengsel sal lyk of dit skif, hou net aan dit sal weer glad word.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!