
My ma het altyd as daar heuning geoes word, hierdie heerlike resep gemaak vir ons dogtertjies en maatjies op die plaas. Sy het ook soms heuning koek op gekap en laaste in geroer…die “kougom” deel was altyd heerlik. Min het ons geweet ma het op n manier vir on sook propolis laat in kry…goeie gesondheid en lekker daarby.
215 g (1 k) versiersuiker
265 g (1/3 k) heuning
115 g (1/2 k) botter
190 g (¾ k) dubbel slag room
2 ¼ k mini malva lekkers
2 knippies sout
1 k caramel sjokolade splinters
2 ½ k wit sjokolade splinters
1 t heuning geursel of net geen geursel
1 x 22 cm x 22 cm houer of pannetjie uitgevoer met bakkers papier en spuit liggies met kleef werende kos sproei.
Hou die geursel en sjokolade splinters eenkant.
Plaas die res van die bestanddele in ‘n mikrogolf veilige glas bak. Verhit die mengsel deur elke 30 sekondes te stop en te roer. Sodra al die bestanddele gesmelt is en die mengsel glad is, kook dit vir 2 minute.
Voeg dan die res van die bestanddele by en roer om die sjokolade op te los. Giet die mengsel dadelik in die voorbereide panne. Laat goed afkoel voordat dit vir ‘n uur in die yskas set. Daarna lig die fudge uit die pan en sny in blokkies. AS jy bang is die fudge knak, sny binne in die pan in blokkies of druk vormpies met koekie drukkers uit…en lig dan eers uit.
Stoor in lugdigte houers vir 3 maande op die rak.
Variasies: niks meer as ‘n halwe koppie neute of glans kersies of rooibos bessies of kombinasie. Ek hou ook van ‘n knippie gemmer of kaneel…
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2020
Hoeveelheid: 16-20 blokkies afhangend hoe groot jy die blokkies sny.


2 Replies to “Heuning fudge”
Hazel Barnard
Goeienaand, waar kry mens iets soos dubbelslagroom en kan ek glad nie gewone vars room gebruik vir hierdie resep nie?
boerekostwist
Hazel, Woolworths hou die produk aan anders net eenvoudige dik room by die vars afdeling.
Groete Annelien