Wil jy graag broodbak maar is bang dat dit nie ‘n sukses is? Wil jy gesonder leef sonder brood met preserveermiddels wat jou maag laat opblaas? Wel, jy het geen rede om te kommer…jy kan ‘n brood bak enige tyd soos JOU tyd dit toelaat. Die proses is so maklik want die deeg kan in die yskas bly totdat jy tyd het om dit te knie. Klink te goed om waar te wees? Ek het die produksie van hierdie brood in drie fases op gedeel om vir jou die beste en gesondste opsie vir brood te gee wat jy binne 12 ure kan proe. Sodra jy gemakliker voel, kan jy eendag een van my Suurdeeg klasse (brood met ‘n plantjie gemaak) iewers in Suid-Afrika bywoon.
Die deeg is ook geskik vir vetkoek en roosterkoek asook potbrood, bolletjies en rolletjies. Deeg kan ook in Fase twee vir 3 dae in die yskas gehou word en net af knyp en gebruik soos nodig. Brode wat klaar gebak is kan ook vooraf in skywe gesny word en bevries word. Geen verskoning…jy sal goeie brood op jou tafel kan bedien.
Fase 1
Ek verkies om Brewers yeast ipv Instant yeast te gebruik omdat die smaak van die brood net soveel beter is. Indien jy bakkersgis (grys nat koekie) wil gebruik is jy welkom (gebruik dieselfde hoeveelheid as vir Brewers yeast). Die Brouers gis is korrelrig en moet vooraf eers geaktiveer word. WAt beteken dit? Los die gis eers in effe lou water op en voeg ‘n knippie suiker by….los vir 2 min en roer dan om op te los. Hoe warm is lou? Druk jou kaal hand onder jou kieliebak in en dit is hoe warm lou is!
5 ml Brewers yeast (staan stil in die winkel en lees baie, baie mooi…die geel pakkie of die blou pakkie…daar staan mooi geksryf BREWERS YEAST, met sulke erdepotte. Spar, Checkers, Pnp. Indien jy nie Brouers gis kry kan jy kits gis of grys na bakkers gis gebruik in diesselfde hoeveelhede. Gewoonlik 20 g pakkies.
100 ml lou water
knippie suiker / heuning / molasse stroop / bruin suiker
Volgende gaan jy hierdie mengsel laat staan totdat daar ‘n pragtige skuim vorm en amper wil oor kook. Dan begin ons met die spons gedeelte.
500 ml water
500 g koekmeel (verkieslik Eureka Mills of enige ander steengemaalde meel)
Meng die gismengsel met die res van die water en koekmeel….Laat dit oornag staan met ‘n lappie bedek in ‘n koel vertrek…dit is wat mens ‘n spons noem.
Fase 2
Julle hoor mos baie van LOW GI brood ne? Nou hier is die ding van Low GI…jy kan self enige stysel low GI maak. Het jy geweet dat in stysel daar ‘n ensiem teenwoordig is (gesien as klein packman mannetjies) wat Amilase genoem word? Nou hierdie outjies werk spesefiek in op stysel…nou koringmeel bevat dus moutsuiker om dit eenvoudig te stel (maltose). Wanneer meel dus water kry word die amilase aktiveer en dit begin om soos klein packman mannetjies die moutsuikers van ‘n komplekse vorm van koolhidrate na ‘n eenvoudiger vorm af te breek…dit is hoe ons Low GI kry. MAAR dit moet oor ‘n periode van 12 ure gebeur sodat dit effektief kan wees. Kry die prentjie? So, hoop julle verstaan wat ek probeer tuis bring. In die industrie word daar amilase bygevoeg in sintetiese vorm en werk soos klein tornado’s om die werk gedoen te kry binne 2 ure.
Môre oggend voeg jy by Fase 1:
500 g koekmeel,
1 t sout,
4 e botter (of olie van keuse of eiergeel)
Knie die deeg tot glad. Rus die deeg vir ‘n uur totdat dit mooi verdubbel het. Indien jy nie tyd het om die deeg dan te bak nie, kan dit net gemeng en geknie word en in ‘n geoliede houer in die yskas gestoor word totdat jy tyd kry…ja vir ongeveer 3 dae en druk die deeg maar net weer plat. Onthou hoe langer die deeg in die yskas bly, hoe suurder raak die brood. Haal die brood uit die yskas en shape dadelik.
Wat bedoel ek met knie? Druk die deeg met jou palms van jou hand en rol soos jy knie…ongeveer 8 minute. Indien jy ‘n elektriese menger het kan jy dit stel vir Kenwood met die vraagteken haak nie vinniger as 3 en vir Kitchenaid nie vinniger as 4…knie en staan langs die menger vir 5 minute. Haal deeg uit en laat dubbel die volume rys.
Fase 3
Sodra die deeg verdubbel het in volume kan jy maar die oond aan skakel teen 180C. Smeer een groot brood pan. Haal die deeg uit en moenie dit af knie nie. Sprinkel die oppervlakte liggies met meel. Trek die deeg in ‘n reghoek en rol dan op soos ‘n rolkoek. Maak seker jy rol styf op. Vou die punte in en plaas die deeg rol met die naat na onder in die pan. Laat die deeg weer verdubbel in volume. Maak seker jy bedek die deeg met ‘n lappie terwyl dit rus. Sodra die brood gereed is om te bak, spuit die brood bo-op met water en bak dan vir 45-60 minute… Geniet jou brood.
Bron: Annelien Pienaar, 2019, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 1 groot lang brood of 2 kleiner brode.


18 Replies to “Biga styl / Spons metode brood”
Marlene
Liewe Annelien, mens moet gereeld ‘n lappie oor iets wat rys plaas – moet hy droog of klam en warm wees? Gesmeer, want soms wil die deeg daaraan vassit? Ek onthou my ouma het ‘n kombersie bo-oor gesit en wonder hieroor – is dit vir verskillende redes?
Annelien
Marlene, neem ‘n spuit kannetjie met water en stel dit op die fynste sproei moontlik. Spuit so 5 spuite beidekante van die lappie…dit is hoe klam die lappie moet wees. Groete Annelien
Shelley
Môre Annelien, kan ‘n mens helfte van die koekmeel vervang met volgraanmeel?
En kan ek sade, ens., byvoeg? Indien wel, in watter hoeveelheid?
Annelien
Jy kan op die volgende ratio werk van 700 g bruin brood of wholewheat meel en 300g koekmeel. Lekker bak en kom wys wat jy gemaak het op Face boek se Boerekos met ‘n Twist blad. Groete Annelien
Shelley
Dankie Annelien – sal so maak! Kan ek bv sade en neute ook byvoeg en, indien wel, in watter hoeveelheid?
Annelien
Hallo Shelly, nee nie vir hierdie resep sade nie, die vog moet aangepas word en vorm ‘n nuwe resep. Daar is op die webtuiste ander heerlike gesondheidsbrode wat jy kan bak. Loer gerus. Groete Annelien
lizelle Solomon
Annelien jy is darem ń voorslag in die kook rb bak wêreld. Nou toe ek als lees toe kom die klas weer by my op. Dankie dat jy jou kennis met ons deel. Kan nie wag vir vlg kuier nie-
Annelien
Dankie en hoop ek sien ‘n spog brood op BKT. Groete Annelien
jfheym
Hello Annelien, bied jy nog brood kursusse aan na 29 Maart 2019?
Annelien
Hallo, die nuwe datums sal DV vrydag uit wees. Groete Annelien
hpfkern
Ek het Eureka se White Bread Wheat Flour gebruik ipv koekmeel, maak dit saak?
Annelien
Hallo Herman. Steen gemaalde meel: Koekmeel is twee keer gemaal om dit fyner te maak…en witbrood meel is net 1 x gemaal. Dus gaan jy verseker nie koekbak met die witbroodmeel omdat grof is. Ek hou egter van roosterkoek en potbrood met witbroodmeel vir swaar digte tekstuur. Ciabata en sagter brode verseker koekmeel. Hoop hierdie klaar die vraag op. Groete en lekker bak. Annelien Pienaar
Herman Kern
My Biga spons metode met witbrood meel is nie konstant goed nie, vanoggend se deeg is weer om van te skree.
Annelien
Hallo Herman, dan stel ek voor vir witbrood om dan bietjie heuning of bruinsuiker by te voeg om woema te gee….Groete Annelien Pienaar
Nicolene
Annelien, ek het nie brouers gis nie. Sal dit in die vervolg koop. Kan ek gewone instant yeast gebruik I’m dieselfde hoeveelheid? Baie dankie
Annelien
Verseker kan jy kitsgis gebruik. Groete Annelien
Nicolene
Dankie baie. Ek het toe x
Toebroodjie vulsels met 'n Twist! - Annelien Pienaar
[…] resepte om te probeer: 1. Biga styl brood 2. Rusticana 3. Saad […]