Vir my as werkende mamma is dit belangrik om altyd brood deeg in my vrieskas te hê veral wat gesond en binne 3 ure op die tafel kan wees. Warm en verruklike aroma’s wat die huis vul. Vir variasie kan pampoensaad en of sonneblom saad by hierdie deeg gevoeg word teen 100 g of 1 k en dan ook 1 k gaar koring. Flax sade en chia is saad wat liefs nie vir hierdie resep gebruik moet word want dit sal die deeg baie droog maak en moet vooraf hidreer word. As dreinering nie goed gedoen word kan die deeg weer te pap wees. Hou asb by die pampoensaad en of gaarkoring of kombinasie daarvan.
375 g (1 ½ k) melk, lou warm (23 C) as jy jou vinger in druk moet die koue net weg geskrik wees!
80 ml (5 ½ e) heuning of molasse
10 ml (2 t) sout
60 ml (4 e) botter
20 g kits gis (2 pakkies)
125 ml (1/2 k) lou water (23 C)
840 g (6 k) volkoringmeel
Ek gebruik foelie tipe bakkies vir die vries van die deeg. Mens kry klein “loaf tins” en dit sal genoeg wees om die deeg te deel in 3 brode. Jy kan die brood ook in ‘n gewone broodpan vries, maar die deeg moet uit die pan gehaal word as dit hard is na 24 uur. Ouer panne gaan verseker begin roes mettertyd. So ek stel voor voer die brood pan uit met kleefplastiek wat gesmeer is en sodra die brood gevries het, lig uit die pan en draai goed toe. Sodra dit tyd is vir gebruik, haal die brood uit, maak oop en sit dan in dieselfde pan en volg die instruksies. Jy kan enige vorm brood bak!
Meng die melk, heuning, sout, botter saam en roer sodat sout enn heuning kan oplos. Botter kan ongesmelt bly. Die hitte van jou hande tydens die knie proses sal dit smelt.
Sprinkel die kitsgis oor die water en voeg so 2e van bg melkmengsel by en los om te hidreer vir 5 minute, meng goed deur en los nog 5 minute om te begin skuim.
Voeg al die bestanddele saam en knie vir 5 minute, rus 15 minute, knie vir 5 minute en rus nog 15 minute. Die deeg sal begin rys en moet dan verdeel word in twee stukke.
Druk die deeg met jou hande so breed soos die panne en rol dan soos ‘n rolkoek liggies op en plaas in gesmeerde panne soos in paragraaf 1 van die metode verduidelik is.
Sodra jy wil brood bak haal die bevrore deeg uit, sit in gesmeerde pan, en ontdooi en rys dubbel die volume. Dit kan enige iets wees tussen 2-3 ure. Sodra ontdooi en gereed vir die oond.
Meng 1 eierwit met 1 e melk en smeer die brode se bokante. MOENIE die mengsel oor die brood en die pan se rand laat loop. Dit sal verhoed dat die brood hoog rys. Sprinkel met sade en bak dadelik. Moenie hierdie tipe brode bo-op sny nie, dit mag plat val. Wees ook versigtig vir oorrys want die brood mag ook plat val.
Bak groot brode by 180 C vir 45-60 minute.
Bak bolletjies wat gevorm is in foelie bakkies (6 per bakkie) vir 35 min by dieselfde temperatuur.
Bron: Annelien Pienaar, 2020, Aanlyn Suurdeeg en Gis gebak klas.
Hoeveelheid: lewer ongeveer 1.2 kg deeg en 2 groot brode.


5 Replies to “Bevrore brood: Volkoring brood”
Nicky Arlow
Dit lyk heerlik Annelien. Ek gaan more lekker bak.🤗
Malinda Cassidy
Help asseblief. Is Nuttywheat volkoringmeel? Kan ek dit gebruik in die bevrore brood resep? Dankie!
Annelien
Nee Nuttywheat is nie wholewheat nie. Nuttywheat is so skaars soos hoender tande…hou dit vir ‘n resep wat daarvoor vra en gebruik dan eerder volkoring meel. Jy kan die witbrood resep in my boek ook met hierdie metode doen.
Groete Annelien
alethahugo
Hallo Annelien, ek het ook navraag oor die meel….vir die broodjie, soek ek vir wholewheat bread flour ? En dan wil ek graag die Jogurt beskuit bak, wat kan ek gebruik ipv nutty wheat as ek nie kry nie ? Wil dit graag so gesond moontlik houvir happies terwyl my kinders by die huis is. Dan laaste ding – as ek nie heuning of molasse het vir die beskuit nie…is suiker OK ? Baie dankie
Annelien
Hallo Aletha
Ja, dit is korrek Wholewheat or brown bread flour. Vir Nuttywheat loer asb op my Facebook groep Boerekos met ‘n TWist en tik in die search this group in Nuttywheat…ek het daar ‘n resep gegee om self te meng. Moslasse ssuiker, treacle is nb en kan nie met droe suiker soos wit of geel suiker of selfs karamel suiker vervang word nie.
Groete Annelien