Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Mieliemeel Roosterkoek

Table of Contents

Wanneer ons kamp dan is dit juis hierdie roosterkoek bestanddele wat ek vooraf verpak en saam karwei want ons eet ALTYD pap op kamp. Hierdie resep het sy ontstaan gehad weens ʼn nood en gebrek aan koringmeel en met so bietjie rek en slim somme maak het ons ʼn heerlike familie resep ontwikkel.

Die geur van die roosterkoek kom uit die feit dat die mieliemeel, gis en melk saam fermenteer oornag of vir 12 ure. So jou beplanning kan dalk so uitwerk dat jy in die oggend die proses begin en laat middag as jy terug is op kamp (nadat jy wild besigtig het of gaan jag het), die proses voltooi. Hoe dit ook al is, die staan gee die heerlike geur en verlaag sodoende ook die GI van die roosterkoek!

Indien jy die Suurdeeg roete wil gaan kan die insuursel wat oornag moet staan sonder enige gis berei word en laat staan word totdat dit skuimerig vertoon. Jy gaan dan net die res van die proses soos aangedui volg.

750 ml (3 k) gekookte melk
180 g (1 ½ k)(mieliemeel, fyn (kan grof ook wees nagelang van keuse)
2.5 ml (½ t) brouers of kitsgis. Onthou om brouers gis vooraf eers in bietjie water op te los
375 ml (1 1 /2 k) water, kamertemperatuur
1 t (5 ml) witsuiker of heuning
840 g (6 k) koekmeel, gesif
1 t (5 ml) sout

Meng die mieliemeel en kookmelk saam en klits goed deur met ʼn draad klitser. Voeg die suiker by en roer weer goed deur. Laat goed afkoel en roer dan die gis by. Bedek met kleefplastiek en laat oornag rus.

Maak seker jy laat genoeg spasie vir die deeg om te kan uit sit. Na 12 ure sal die mengsel borrelrig voorkom en dan word die res van die bestanddele by gemeng en goed deur geknie.

Bedek die deeg weer en laat dan dubbel die volume rys vir ongeveer 3 tot 4 ure in ʼn warm plek maar nie direkte son.

Deel die deeg in prosies van keuse op en laat weer 10 minute rus voordat die deeg oor die kole gerooster word.

Bedien warm of koud.

Idees: ons maak met hierdie Roosterkoeke die aller lekkerste wildsvleis Hamburgers. Loer gerus in die Vleisboek na die Maalvleis pattie resep en vervang 80% van die beesmaalvleis met wild.

Hierdie resep maak ook ʼn heerlike brood! Bak by 180C vir 60 minute. Maak een groot brood. Maak natuurlik heerlike vetkoek!

Hoeveelheid: 6 groot roosterkoeke.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar Food Consultant 2021-10-08

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (7)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!