Hierdie webtuiste word vertaal van Engels na Afrikaans, en daar mag nog Engelse dele wees. Dankie vir die geduld met die proses!

Basiese beginsels van Gis en Broodbak

Table of Contents

Toenemend kry ek navrae oor gis en broodbak in die algemeen en daarom hierdie inligtingstuk om julle te help om suksesvol brood te bak en dan later te motiveer om ‘n Suurdeeg klas by te woon in die BKT toets-kombuis.

Vir alle praktiese doeleindes gaan ek eers verduidelik hoe om hierdie dokument te gebruik. Elke punt wat gelys word met die skakels waarop jy kan klik sal jou onderliggende kennis stappie vir stappie bou. Kyk ook mooi watter skakels is gratis en watter nie. Ek het wel die onderliggende kennis skakels as gratis gemerk om julle te motiveer om nog verder te wil leer en meer te wil waag. So, waar begin ons? Die gis en hoeveel om te gebruik asook die soorte. Daarna bak ons ‘n eenvoudige brood en eindig met ‘n spesialiteits gesondheids broodjie.

Klik op die rooi dele om jou na die inligting te neem

  1. Gratis: Gis soorte en gebruike
  2. Gratis: Wat jy moet weet van die koringmeel wat jy gebruik: Steen gemaal vs Kommersieël
  3. Gratis: Roosterkoek se resep kan vir Broodbak en ook pizza basis gebruik word. 
  4. Heel koring volgraan brood (Brein-kos)
  5. Quinoa Brein-kos broodjie, hierdie broodjie se bestanddele is gepak met proteine en hou bloedsuiker vlakke vir langer konstant. ‘n Baie belangrike broodjie in ons daaglikse spyskaart.
  6. Hoofstuk 4 van die Boerekos met ‘n Twist kookboek is gepak met gis gebak resepte van beskuit tot brood. Die boek is in Engels en Afrikaans beskikbaar. Bestel die BKT kookboek hier…
  7.  Skakel na die Volledige lys van Brood en Beskuit afdeling van die webtuiste

Nota: Vir punt nommer 3 om brood te vorm:

  1. Hoeveel deeg per pan?
    Daar moet genoeg deeg in ‘n pan pas om dit halfpad vol te maak: Onthou brood moet sy volume verdubbel in die pan voordat dit gebak word. Die brood rys dan nog ‘n derde as dit bak. Ek gee nooit ‘n presiese tyd vir die rys van brood, jy moet eerder oordeel soos verduidelik per oog. Winter en somer is twee verskillende probleme…somer wil die deeg weg hol en in die winter is dit stadig om te rys. So, gebruik dus die half vol beginsel en laat gelyk met die pan rys voordat jy bak.
  2. Vorming van die “loaf”: Hierdie is ‘n baie belangrike beginsel om toe te pas anders gaan die brood vormloos uit kom. Neem en bepaal hoeveel deeg in die pan sal gaan. Plaas die deeg op ‘n werksoppervlakte wat met ‘n klein bietjie meel bestrooi is. Druk die deeg plat in ‘n reghoek. Rol die deeg redelik styf soos ‘n rolkoek op en knyp die kante toe en vou na onder waar die naat lê. Plaas die deeg met die naat na onder in die pan. As die naat verkeerdelik na die kante sou wys of na bo, moet jy besef dit gaan soos ‘n rolletjie papier oop spring en ‘n lelike kraak maak as die brood gebak word.
  3. Hoe lank gaan jy bak en hoe warm?
    Vir elke 500 g deeg bak die brood 35 minute by 180C. Indien die gewig dan oor 500g gaan, moet elke 500g inkriment met 10 – 15 minute baktyd verleng word.

Bron: Annelien Pienaar Voedselkonsultant, 2019

Suurdeeg en gebak klasse


Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmarkClose
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmarkClose

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Hi Twisters!

Welcome to the brand new website! To help you find you feet, we have added a short introductory video for you. Please have a look below before closing this window to help you get the most out of your BKT web experience.

Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!